Nouveau Stade de Bordeaux
Nouveau Stade de Bordeaux | ||
Die verligte stadion Nouveau Stade de Bordeaux
| ||
Ligging | Bordeaux, Frankryk | |
---|---|---|
Koördinate | 44°53′50″N 0°33′41″O / 44.89722°N 0.56139°O | |
Eienaar | Stad Bordeaux | |
Operateur | Stade Bordeaux-Atlantique | |
Kapasiteit | 42 115 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 2012 | |
Geopen | 23 Mei 2015 | |
Boukoste | 183 miljoen € | |
Argitek | Herzog & de Meuron | |
Huurders | ||
FC Girondins de Bordeaux (Sokker) Union Bordeaux Bègles (Rugby) |
Die Nouveau Stade de Bordeaux (ook bekend as die Matmut Atlantique),[1] is 'n rugby- en sokkerstadion in Bordeaux, Frankryk. Dit is die tuisveld van die sokkerklub FC Girondins de Bordeaux en die rugbyklub Union Bordeaux Bègles. Dit het sitplek vir 42 115 toeskouers.
Geskiedenis
Bouwerk het in November 2012 begin en is in April 2015 voltooi. Die stadion is op 18 Mei 2015 ingewy. Die eerste wedstryd was Bordeaux teen Montpellier op 23 Mei 2015, die laaste dag van die ligaseisoen. Die gasheer het 2–1 gewen, met albei doele deur Diego Rolan.[2]
Die stadion was gasheer vir die halfeindronde van die 2014–15 Top 14-seisoen in rugby,[3] en het ook vyf wedstryde tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2016 aangebied, insluitend een kwarteindstryd.
Op 7 September 2015 was dit gasheer vir die Franse nasionale sokkerspan in 'n vriendskaplike oorwinning van 2–1 oor Serwië. In September 2016 is die veld gekies as die gasheer van die 2018 Coupe de la Ligue-finaal as deel van planne om die geleentheid by verskeie plekke buite Parys aan te bied.
Die Frans-Kanadese sangeres Céline Dion het op 29 Junie 2017 die eerste musiekkonsert by die stadion uitgevoer.[4]
Die hardrockgroep Guns N' Roses het tydens hul Not In This Lifetime....Tour by die stadion opgetree op 26 Junie 2018.[5]
Die stadion is gelys as een van ses wat sokker in Parys aanbied vir die Olimpiese Somerspele 2024.[6]
In November 2017, nadat die Franse bod gewen het, is die stadion bevestig as een van nege om die Rugbywêreldbeker 2023 aan te bied.[7]
Die stadionborg is Matmut, 'n Franse versekeringsmaatskappy.
Wedstryde
Europese Sokkerkampioenskap 2016
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 2016.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
11 Junie 2016 | 18:00 | Wallis | 2–1 | Slowakye | Groep B | 37 831 |
14 Junie 2016 | 18:00 | Oostenryk | 0–2 | Hongarye | Groep F | 34 424 |
18 Junie 2016 | 15:00 | België | 3–0 | Ierland | Groep E | 39 493 |
21 Junie 2016 | 21:00 | Kroasië | 2–1 | Spanje | Groep D | 37 245 |
2 Julie 2016 | 21:00 | Duitsland | 1–1 (6–5 straf.) | Italië | Kwarteindrondte | 38 764 |
Rugbywêreldbeker 2023
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 2023.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
9 September 2023 | 15:30 | Ierland | 82–8 | Roemenië | Groep B | 41 170 |
10 September 2023 | 21:00 | Wallis | 32–26 | Fidji | Groep C | 41 274 |
16 September 2023 | 15:00 | Samoa | 43–10 | Chili | Groep D | 39 291 |
17 September 2023 | 15:00 | Suid-Afrika | 76–0 | Roemenië | Groep B | 38 789 |
30 September 2023 | 17:45 | Fidji | 17–12 | Georgië | Groep C | 39 862 |
Konserte
Konserte by Nouveau Stade de Bordeaux | |||
---|---|---|---|
Datum | Kunstenaar | Toer | Bywoning |
29 Junie 2017 | Céline Dion | Celine Dion Live 2017 | 31 140 |
26 Junie 2018 | Guns N' Roses | Not in This Lifetime.... Tour | 29 389 |
29 Mei 2019 | Ed Sheeran | ÷ Tour | 41 449 |
16 Julie 2019 | Muse | Simulation Theory World Tour | 38 613 |
4 Junie 2022 | Indochine | Central Tour | 53 483 |
4 Julie 2023 | Depeche Mode | Memento Mori World Tour | |
14-15 Julie 2023 | Mylène Farmer | Nevermore 2023 | |
1 Augustus 2023 | The Weeknd | After Hours till Dawn Tour |
Verwysings
- ↑ (en) "France: Bordeaux stadium signs naming rights deal". stadiumdb.com. 3 September 2015. Besoek op 11 Januarie 2020.
- ↑ (fr) "BORDEAUX FÊTE SON ENTRÉE DANS SON NOUVEAU STADE EN BATTANT MONTPELLIER". football365.fr. 23 Mei 2015. Besoek op 11 Januarie 2020.
- ↑ (fr) "TOP 14, LES DEMI-FINALES 2015 À BORDEAUX". lnr.fr. 1 Desember 2014. Besoek op 12 Januarie 2020.
- ↑ (fr) "En images. Céline Dion a assuré le show au Matmut Atlantique de Bordeau". Sud Ouest. 30 Junie 2017. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ (en) admin (26 Junie 2018). "Guns N' Roses Bordeaux, France June 26, 2018 Concert Recap and Videos!". Guns N' Roses Central | Latest Guns N' Roses News & Videos. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2022. Besoek op 12 Junie 2020.
- ↑ (en) "Stade de Bordeaux". paris2024.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2020. Besoek op 13 Januarie 2020.
- ↑ (en) "The 9 stadiums for 2023 RWC in France". sport24.co.za. 15 November 2017. Besoek op 28 Julie 2018.
Eksterne skakels
- (fr) Amptelike webwerf