Nowotsjerkassk
Nowotsjerkassk Новочеркасск | |
---|---|
Stad | |
Triomfboog in die stad om die oorwinnings van die Kosakke oor Napoleon Bonaparte te vier. | |
Die ligging van Rostof-oblast in Rusland. | |
Koördinate: 47°26′0″N 40°05′0″O / 47.43333°N 40.08333°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Rostof-oblast |
Stigting | 1805 |
Stadstatus | 1805 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Wladimir Witaljewitsj Kirgintsef[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 117 km2 (45 vk. myl) |
Hoogte | 80 m (260 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 173 400 |
• Digtheid | 1 509/km2 (3 910/vk. myl) |
Tydsone | UTC+04:00 (MSK) |
Poskode | 346400–346429 |
Skakelkodes | 7 86352 |
Webwerf | novochgrad.ru |
Nowotsjerkassk (Russies: Новочерка́сск) is ’n stad in die Rostof-oblast in Rusland. Dit is op die regteroewer van die Toezlof-rivier en aan die Aksai-rivier geleë. Volgens die 2014-sensus het die stad 173 400 inwoners.
Dit is in 1805 deur Matwei Platof gestig as die administratiewe hoofstad van die Don-Kosakke-leër toe die inwoners van die stad Tsjerkassk verplig was om dié dorp aan die oewers van die Don-rivier te ontruim weens voortdurende oorstromings.
Tydens die Russiese Burgeroorlog was Nowotsjerkassk (letterlik "Nuwe Tsjerkassk") die middelpunt van die Don-Kosakke se teenrewolusie. Die Rooi Leër het die Wit Leër op 7 Januarie 1920 uit die stad verdryf. In 1962 is die plaaslike kosopstande wreed deur die Sowjet-weermag onderdruk in wat bekend geword het as die Nowotsjerkassk-slagting.
Verwysings
- ↑ (ru) [1] Geargiveer 29 Maart 2013 op Wayback Machine Досрочные выборы главы муниципального образования - Мэра города Новочеркасска
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nowotsjerkassk.
- Stadsforum
- Die Nowotsjerkassk-slagting, 1-3 Junie 1962