OKO
OKO (Russies vir oog) is 'n wolkekrabber in Moskwa-Siti (die Moskouse Internasionale Sakesentrum). Die bouwerk het in 2011 begin en is in 2015 deur die Amerikaanse argiteksfirma Skidmore, Owings & Merrill voltooi. Die gebou het 'n noordelike en 'n suidelike toring, waarvan die noordtoring 354,1 meter hoog en die suidtoring 245 meter hoog is.
Eksterne skakels
- Amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie OKO.