Olimpiese Stadion (Londen)
Olimpiese Stadion | ||
Lugfoto van die stadion in April 2012
| ||
Bynaam | Londen-stadion | |
---|---|---|
Ligging | Stratford, Londen | |
Koördinate | 51°32′19″N 0°00′59″W / 51.53861°N 0.01639°W | |
Eienaar | Greater London Authority | |
Operateur | London Legacy Development Corporation (LLDC) | |
Kapasiteit | 80 000 | |
Oppervlak | Baan en veld (gras) | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 2007 | |
Gebou | 2008–2011 | |
Geopen | 2011 | |
Renovasie | 2013–2016 | |
Boukoste | £486 miljoen[1] | |
Argitek | Peter Cook en Populous | |
Struktuuring. | Buro Happold | |
Dienste-ing. | Buro Happold | |
Alg. kontrakteur | Sir Robert McAlpine, Balfour Beatty (omskakeling) | |
Hoofkontrakteurs | Sir Robert McAlpine Ltd | |
Huurders | ||
Olimpiese Somerspele 2012 Paralimpiese Somerspele 2012 Rugbywêreldbeker 2015 British Athletics (2015–) West Ham United (2016–) Wêreld Atletiek-kampioenskappe van 2017 |
Londen se Olimpiese Stadion, ook bekend as Londen-stadion, is in die Queen Elizabeth Olympic Park in Stratford, Londen, in die Verenigde Koninkryk geleë. Die stadion is ontwerp om die middelpunt van die 2012-Olimpiese Somerspele en die daaropvolgende 2012-Paralimpiese Somerspele te wees. Die opening- en sluitingseremonies, sowel as sekere atletiek-items is hier aangebied. Die stadion het 'n kapasiteit van 80 000 wat dit die derde grootste stadion in die Verenigde Koninkryk maak (na Wembley-stadion en Twickenham-stadion). Die stadion het as gasheer vir verskeie Rugbywêreldbeker 2015-wedstryde gedien en het ook die Wêreldatletiekkampioenskappe van 2017 gehuisves.
Geskiedenis
Daar is in die somer van 2007 met die voorbereiding van die terrein begin. Daar is met amptelike konstruksie op 22 Mei 2008 begin.
Wedstryde
Lys van Rugbyliga-wedstryde in die Olimpiese Stadion | ||||
---|---|---|---|---|
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Notas |
7 November 2015 | Nieu-Seeland | 9–2 | Engeland | 2015 Baskerville Shield |
13 November 2016 | Engeland | vs. | Australië | Viernasies-toernooi 2016 |
Lys van Rugbyunie-wedstryde in die Olimpiese Stadion | ||||
---|---|---|---|---|
Datum | Span | Telling | Span 2 | Notas |
29 Augustus 2015 | Britse Barbarians | 27–24 | Samoa | Rugbywêreldbeker 2015 warm-op |
23 September 2015 | Frankryk | 38–11 | Roemenië | Rugbywêreldbeker 2015 |
24 September 2015 | Nieu-Seeland | 58–14 | Namibië | |
4 Oktober 2015 | Ierland | 16–9 | Italië | |
7 Oktober 2015 | Suid-Afrika | 64–0 | Verenigde State | |
30 Oktober 2015 | Suid-Afrika | 24–13 | Argentinië |
Fotogalery
-
Binnekant van die Olimpiese Stadion.
-
Voorbereidings vir die Olimpiese Spele.
-
Die Olimpiese Stadion van buite. Regs kan die ArcelorMittal Orbit gesien word.
-
Wedstryd tussen Nieu-Seeland en Namibië tydens die Rugbywêreldbeker 2015
-
Wedstryd tussen Suid-Afrika en die Verenigde State tydens die Rugbywêreldbeker 2015
Verwysings
- ↑ "London 2012 Olympic stadium athletics track completed". BBC (in Engels). 3 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2015.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Olimpiese Stadion (Londen).