Palpigradi
Palpigradi Tydperk: Senomanium–onlangs
| |
---|---|
![]() | |
Eukoenenia spelaea | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Palpigradi Thorell, 1900
|
Families & genera | |
|
Die lede van die orde Palpigradi is klein arachniede (tot 3 mm lank) en die orde self het min verteenwoordigers. Hulle hou in grotte of onder klippe en verkies vogtige toestande. Hulle het ook ’n terminale gelede aanhangsel (flagellum) soos die sweep-skerpioene. Die karapaks bestaan uit twee dele en die kloukake, asook die kaaktasters, is goed ontwikkel.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/18/Leptokoenenia_pelada.png/220px-Leptokoenenia_pelada.png)
Die diere het geen oë nie, maar die eerste paar ledemate word as tasorgane en nie vir voortbeweging gebruik nie. Sommige spesies het tot drie paar boeklonge, terwyl geen asemhalingsorgane by ander spesies voorkom nie.
Verwysings
- ↑ (en) Michael S. Engel; Laura C. V. Breitkreuz; Chenyang Cai; Mabel Alvarado; Dany Azar; Diying Huang (2016). "The first Mesozoic microwhip scorpion (Palpigradi): a new genus and species in mid-Cretaceous amber from Myanmar". The Science of Nature. 103 (3–4): 19. doi:10.1007/s00114-016-1345-4.
Bronnelys
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-67-6, volume 26, bl. 97
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Palpigradi.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Palpigradi