Panteon
’n Panteon (van Grieks Πάνθειον[1] – pantheion, letterlik ’n "tempel van alle gode", onsydig van πανθεῖος – pantheios, "van alle gode", van πᾶν – pan, "alle" + θεῖος – theios, "van die gode", van θεός – theos, "god") is ’n groep gode van ’n spesifieke religie of mitologie.
Godewêreld
Die term word in die besonder gebruik wanneer, soos in die Griekse mitologie, die godewêreld duidelik gestruktureer is, met ’n bepaalde hiërargie, omskryfde familieverhoudinge en afgebakende take.
Die familiebande en hiërargie in sulke panteons kan by baie volke teruggevolg word na voorvaderverering of die aanbidding van patriarge.
Tempels
Panteon kan ook verwys na ’n tempel of heilige gebou vir die aanbidding van (alle) gode, veral die tempel in Rome wat onder keiser Hadrianus se bewind sy huidige vorm aangeneem het. Hy het dit tussen 118 en 125 herbou nadat 'n brand die vorige weergawe beskadig het. Dié imponerende gebou het in 609 'n kerk geword en bestaan steeds.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Pantheon (gods)