Pointillisme
Pointillisme /ˈpɔɪntᵻlɪzəm/ is 'n verftegniek waarin klein, afsonderlike spikkels kleure in patrone aangewend word om 'n beeld te vorm. Die tegniek wat sy oorsprong in Impressionisme het, is in 1886 deur Georges Seurat en Paul Signac ontwikkel. Die term "Pointillisme" is oorspronklik in die laat 1880's deur kunsresensente geskep om met die werk van hierdie kunstenaars die spot te dryf, en word vandag nog gebruik, maar sonder die vroeëre spottende konnotasie.[1] Die beweging staan ook as Neo-Impressionisme bekend. Die Divisioniste het 'n soortgelyke patroon gebruik om beelde te vorm, maar met groter blokkie-agtige kwashale.[2]
Tegniek
Die tegniek berus op die vermoë van die kyker se oë en verstand om die spikkels in 'n meer volledige kleurbeeld te omskep. Dit toon ooreenkomste met Divisionisme, 'n meer tegniese variant van hierdie metode. Waar Divisionisme egter met kleurteorie gemoeid is, konsentreer Pointillisme eerder op die spesifieke styl van kwaswerk wat gebruik word om die verf aan te wend.[1] Die tegniek word vandag deur slegs enkele kunstenaars beoefen,[3] en word veral in die werke van Seurat, Signac en Cross gesien. Sien egter ook Andy Warhol se vroeëre werke en Popkuns.
Praktyk
Daar bestaan 'n opvallende kontras tussen die Pointillisme-praktyk en die tradisionele metodes waarvolgens pigmente op 'n palet gemeng is. Pointillisme stem ooreen met die vierkleur CMYK-drukkersproses wat deur sommige kleurdrukkers en groot drukperse gebruik word waar Cyan (blou), Magenta (rooi), Yellow, en Key (swart) spikkels aangebring word. Televisies en rekenaarskerms gebruik 'n soortgelyke tegniek om kleur voor te stel deur van Rooi, Groen en Blou (RGB-kleure) gebruik te maak.
Wanneer rooi, blou en groen lig (die additiewe primêre kleure) gemeng word, is die resultaat amper iets soos wit lig (sien Prisma). Skilder is inherent subtraktief, maar Pointillistiese kleure lyk dikwels helderder as die tipiese gemengde subtraktiewe kleure. Dit is moontlik deels te wyte aan die feit dat die subtraktiewe vermenging van die pigmente vermy word, en deels omdat van die wit doek tussen die spikkels sigbaar is.
Die verftegniek wat vir Pointillistiese kleurvermenging gebruik word, is ten koste van die tradisionele kwaswerk wat gebruik word om tekstuur uit te beeld.
Pointillistiese skilderye word hoofsaaklik in olie gedoen. Enige medium kan gebruik word, maar kunstenaars verkies olies op grond van hulle dikte en geneigdheid om nie te loop of te "bloei" nie.[4]
Musiek
Pointillisme verwys ook na 'n twintigste-eeuse musiekgenre. In plaas van die lineêre opeenvolging van note, word note afsonderlik gespeel, en word 'n soorgelyke effek geskep as dié wat in Pointillisme as skilderkuns verkry word.[5] Hierdie soort musiek staan ook bekend as punktualisme of klangfarbenmelodie.
Vername kunstenaars
- Charles Angrand
- Chuck Close
- Henri-Edmond Cross
- Henri Delavallée
- Albert Dubois-Pillet
- Louis Fabien (pseudonym)
- Georges Lemmen
- Maximilien Luce
- Camille Pissarro
- John Roy
- Georges Seurat
- Paul Signac
- Vincent van Gogh
- Théo van Rysselberghe
- Hippolyte Petitjean
- Jan Toorop
Vername kunswerke
- 'n Sondagmiddag op die eiland La Grande Jatte deur Georges Seurat
- Baaiers by Asnieres deur Georges Seurat
- Die windmeulens by Overschie deur Paul Signac
- Oewers van die Seine deur Georges Seurat
- 'n Kustoneel deur Théo van Rysselberghe
- Gesin in die boord deur Théo van Rysselberghe
- Platteland op die middaguur deur Théo van Rysselberghe
- Middag by Pardigon deur Henri-Edmond Cross
- Rio San Trovaso, Venesië deur Henri-Edmond Cross
- Die Seine voor die Trocadero deur Henri-Edmond Cross
- Die Denneboom op St. Tropez deur Paul Signac
- Die geel seil, Venesië deur Paul Signac
- Die Notre Dame deur Maximilien Luce
- Le Pont De Pierre, Rouen deur Charles Angrand
- Die strand by Heiste deur Georges Lemmen
- Aline Marechal deur Georges Lemmen
- Vaas met blomme deur Georges Lemmen
Galery
-
Georges Lemmen, Strand by Heist, c.1891-92, Musée d'Orsay Paris
-
Camille Pissarro, 1880, La Récolte des pommes, olie op doek, 61 x 74 cm, Dallas Museum of Art
-
Paul Signac, L'Hirondelle Stoomskip op die Seine, olie op doek, National Gallery in Prague
-
Henri Edmond Cross, 1903-04, Regatta in Venesië, olie op doek, 73.7 x 92.7 cm, Museum of Fine Arts, Houston
-
Robert Delaunay, 1906, Portrait de Metzinger, olie op doek, 55 x 43 cm
-
Hippolyte Petitjean, 1919, Femmes au bain, olie op doek, 61.1 × 46 cm, private collection
Sien ook
- Divisionisme
- Mikromontage, soortgelyke tegniek in musiek
- Neo-impressionisme
- Punktualisme (musiek)
- Stippeling
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 "Pointillism."
- ↑ Ruhrberg, Karl.
- ↑ "makeyourideasart.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2015. Besoek op 25 September 2013.
- ↑ Nathan, Solon. "Pointillism Materials." Web. 9 Feb 2010. http://www.si.umich.edu/chico/emerson/pntmat.html Geargiveer 19 Oktober 2009 op Wayback Machine
- ↑ Britannica – The Online Encyclopedia http://www.britannica.com/
Eksterne skakels
- Georges Seurat, 1859–1891, 'n volledig gedigitaliseerde uitstallingskatalogus uit The Metropolitan Museum of Art Libraries
- Signac, 1863–1935, 'n volledig gedigitaliseerde uitstallingskatalogus uit die The Metropolitan Museum of Art Libraries