Reus

Dawid teen Goliat

'n Reus verwys na 'n mitologiese antropomorfiese wese, met die kenmerkende eienskap dat hy uitsonderlik groot is. Soms word daar ook na besonder groot mense as reuse verwys.

Een van die bekendste verwysings na 'n reus is in die Bybel in 1 Samuel 17:1-54 opgeteken. Hier kom 'n jong seun, Dawid teen die reus Goliat te staan. Dawid verslaan Goliat deur hom met 'n klip uit sy slingervel teen sy voorkop te gooi. Toe die Filistyne dit sien draai hulle om en hardloop weg. Die Israeliete sit hulle agterna en wen die geveg.

Bronne