Ronnie Kasrils
Ronald Kasrils | |
Minister van Intelligensie
| |
Ampstermyn 27 April 2004 – 25 September 2008 | |
President | Thabo Mbeki |
---|---|
Voorafgegaan deur | Lindiwe Sisulu |
Opgevolg deur | Siyabonga Cwele |
Minister van Waterwese en Bosbou
| |
Ampstermyn 17 Junie 1999 – 29 April 2004 | |
President | Thabo Mbeki |
Voorafgegaan deur | Kader Asmal |
Opgevolg deur | Buyelwa Sonjica |
Adjunkminister van Verdediging
| |
Ampstermyn 24 Junie 1994 – 16 Junie 1999 | |
President | Nelson Mandela |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 15 November 1938 Yeoville, Johannesburg |
Politieke party | ANC, SAKP |
Eggenoot/-note | Eleanor Kasrils († 2009) Amina Frense (get. 2012) |
Ronald Kasrils (bynaam "Rooi" Ronnie Kasrils; gebore 15 November 1938) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was van 1999 tot 2004 die minister van waterwese en bosbou en van 27 April 2004 tot 25 September 2008 die minister van intelligensie. Kasrils het van 1987 tot 2007 op die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) gedien. Van 1986 tot 2007 was hy 'n lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) se Sentrale Komitee.
Biografie
Ronald Kasrils is op 15 November 1938 in Yeoville in Johannesburg gebore. Hy is die seun van Rene (gebore Cohen) en Isidore Kasrils, twee Oos-Europese Jode wat van die tsaristiese heerskappy na Suid-Afrika gevlug het. Hy matrikuleer van die King Edward VII Hoërskool in Houghton, waarna hy sy loopbaan as 'n draaiboekskrywer begin.
Na die Sharpeville-slagting besluit hy om by die ANC aan te sluit, maar hy word in 1962 deur die regering ingeperk. In 1964 ontvang hy militêre opleiding in Odessa in die destydse Sowjetunie. Hy het dié militêre kennis ingespan om aanslagte teen die Suid-Afrikaanse magte vanaf die land se buurlande te loods. Hy het onder meer ANC-betogers gelei toe 28 mense in 1992 in die Bhisho-slagting deur Ciskeise troepe doodgeskiet is.[1]
Hy het in die kabinette van Nelson Mandela en Thabo Mbeki gedien, eers as minister van waterwese en bosbou en later as die minister van intelligensie. Hy bedank egter na die bedanking van president Thabo Mbeki in September 2008.[2]
Kasrils trou op 2 Februarie 2012 met die joernalis Amina Frense in Wynberg se kantoor vir binnelandse sake in Kaapstad. Dit was sy derde huwelik, nadat sy tweede vrou, Eleanor, in 2009 gesterf het.[3]
Verwysings
- ↑ Rooi Ronnie se troebel gemoed[dooie skakel], Netwerk24, 11 April 2014
- ↑ "Confusion rattles markets", Sapa (IOL), 23 September 2008.
- ↑ Kasrils, Ronnie (2010). The Unlikely Secret Agent. New York: Monthly Review Press. p. 183. ISBN 978-1-58367-277-8.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ronnie Kasrils.