Rooiwit Oberhausen is 'n sokkerklub uit die Duitse stad Oberhausen. In 1904 smelt Emschertaler SV en Oberhausener TV 1873 saam om Oberhausener SV te vorm. Die nuwe klub smelt op sy beurt saam met Viktoria Styrum BV om so SpVgg 1904 Oberhausen-Styrum te vorm. Binne 6 maande verlaat 'n aantal spelers die klub om 1. FC Mülheim-Styrum te vorm en in 1934 word die huidige naam aangeneem.
In die 1968/69-seisoen het die span die Regionalliga Wes gewen en is sodoende na die Bundesliga gepromoveer waar die span vier seisoene deurgebring het. Drie spelers het al die Duitse nasionale span gehaal terwyl hulle vir Oberhausen gespeel het.
Onlangse ligaposisionering
1963–64 (II) Regionalliga Wes 7de
1964–65 (II) Regionalliga Wes 4de
1965–66 (II) Regionalliga Wes 4de
1966–67 (II) Regionalliga Wes 6de
1967–68 (II) Regionalliga Wes 3de
1968–69 (II) Regionalliga Wes 1ste
1969–70 (I) Bundesliga 14de
1970–71 (I) Bundesliga 16de
1971–72 (I) Bundesliga 15de
1972–73 (I) Bundesliga 18de
1973–74 (II) Regionalliga Wes 2de
1974–75 (II) 2.Bundesliga Noord 18de
1975–76 (III) Amateurliga Neder-Ryn 5de
1976–77 (III) Amateurliga Neder-Ryn 8ste
1977–78 (III) Amateurliga Neder-Ryn 2de
1978–79 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 1ste
1979–80 (II) 2.Bundesliga Noord 15de
1980–81 (II) 2.Bundesliga Noord 14de
1981–82 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 4de
1982–83 (III) Am.Oberliga Noord-Ryn 1ste
1983–84 (II) 2.Bundesliga 16de
1984–85 (II) 2.Bundesliga 12de
1985–86 (II) 2.Bundesliga 11de
1986–87 (II) 2.Bundesliga 16de
1987–88 (II) 2.Bundesliga 16de – lisensie teruggetrek