Samojeedse tale
Samojeedse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Noordelike Eurasië |
Genetiese klassifikasie: |
Oeraals[1] Samojeedse tale |
Onderafdelings: |
Noordelike Samojeedse tale
Suidelike Samojeedse tale
|
Verspreiding van Samojeedse tale tussen die 17de en 20ste eeu |
Die Samojeedse tale is 'n taalgroep wat aan die ooste- en westekant van die Oeralgebergte in Rusland in Noordelike Eurasië deur altesaam ongeveer 30 000 sprekers gepraat word. Die Samojeedse tale stam van die gemeenskaplike oertaal Proto-Samojeeds af en vorm saam met die Fins-Oegriese tale die Oeraalse taalfamilie.
Onderafdelings
Die Samojeedse tale word in 'n Noordelike en Suidelike groep onderverdeel:
- Noordelike Samojeeds
- Enets word moontlik nog deur 100 mense gepraat, word verder onderverdeel in Woud-Enets en Toendra-Enets[2]
- Nenets (Joerak) word deur ongeveer 27 000 mens gepraat[2]
- Nganasaans word deur ongeveer 600 mens gepraat[2]
- †Joeratsies, 'n nou uitgestorwe taal wat in die Jenisejrivier se omgewing gepraat is.
- Suidelike Samojeeds
- †Kamassies (Kamas), 'n nou uitgestorwe taal
- †Matories (Motor), 'n nou uitgestorwe taal
- †Koibal, 'n nou uitgestorwe taal
- Selkoeps (Ostjak-Samojeeds) is in 1994 na raming nog deur 1 570 mense gepraat
Verwysings
- ↑ Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, bl. 831, 1997, ISBN 3110145049, 9783110145045
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Daniel Mario Abondolo, The Uralic Languages, uitgegee deur Taylor & Francis, 1998, ISBN 041508198X, 9780415081986, bl. 2
Eksterne skakels
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Samoyed". Ethnologue. Besoek op 2 April 2018.
- (en) "Samoyedic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 April 2018.