Sighișoara
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/46/Sighi%C8%99oara%2C_Romania.jpg/260px-Sighi%C8%99oara%2C_Romania.jpg)
Sighișoara (Hongaars: Segesvár; Duits: Schäßburg; Transsilaviese Saksies: Schäsbrich) is 'n stad aan die Târnava Mare-rivier in Roemenië. Dit is in die historiese streek Transsilvanië geleë en het in 2011 'n inwonertal van 28 102 gehad. Dit sluit Roemene, Hongare en Duitsers in.[1]
Die stad is 'n gewilde toeriste-attraksie danksy sy goed bewaarde ommuurde ou stad, wat deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys word. Die stad administreer sewe dorpe: Angofa, Aurel Vlaicu, Hetiur, Rora, Șoromiclea, Venchi en Viilor.
Verwysings
- ↑ "2011-sensusdata" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 November 2013. Besoek op 27 Januarie 2022.
Skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sighișoara.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.