Sint-Genesius-Rode

Sint-Genesius-Rode

Rhode-Saint-Genèse
Munisipaliteit
Prieuré de Sept Fontaines
Prieuré de Sept Fontaines
Vlag van Sint-Genesius-Rode
Vlag
Wapen van Sint-Genesius-Rode
Wapen
Ligging van Rhode-Saint-Genèse in die provinsie Vlaams-Brabant
Ligging van Rhode-Saint-Genèse in die provinsie Vlaams-Brabant
Sint-Genesius-Rode is in België
Sint-Genesius-Rode
Sint-Genesius-Rode
Ligging van Rhode-Saint-Genèsein in België
Koördinate: 50°43′59″N 4°21′00″O / 50.73306°N 4.35000°O / 50.73306; 4.35000
LandVlag van België België
Gewes (deelstaat) Vlaandere
Provinsie Vlaams-Brabant
Regering
 • BurgemeesterPierre Rolin (IC-GB)
Oppervlak
 • Totaal22,77 km2 (8,79 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal17 934
 • Digtheid790/km2 (2 000/vk. myl)
Poskode
1640
Skakelkodes02
Webwerfwww.sint-genesius-rode.be

Sint-Genesius-Rode (Nederlands: [sɪnt xeːˌneːsɪjɵs ˈroːdə] , Frans: Rhode-Saint-Genèse [ʁɔd sɛ̃ ʒəˈnɛːz]) is 'n stad in die Nederlandstalige Belgiese provinsie Vlaams-Brabant met 'n oppervlak van 22,77 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 18 000 (2013). Sint-Genesius-Rode is een van die voorstede van die Belgiese hoofstad Brussel, wat Franse taalfasiliteite aanbied, alhoewel dit in die Nederlandstalige gewes Vlaandere lê.

Bevolking

Tans is sowat sestig persent van die bevolking Franstalig, terwyl veertig persent Nederlands praat. Daar is ook minderhede van EU-burgers (veral medewerkers van internasionale ondernemings en organisasies) en Amerikaners.

Geskiedenis

Vanweë sy ligging tussen Brussel en Waals-Brabant en ook danksy die spoorwegverbinding tussen Brussel en Eigenbrakel (Frans: Braine-l'Alleud) vestig talle Brusselaars en Wale hulle in die 20ste eeu in Sint-Genesius-Rode. In 1963 kry die stad taalfasiliteite vir sy Franstalige bewoners. Die stad word in 1995 deel van die nuwe provinsie Vlaams-Brabant.

Eksterne skakels