Sjepseskare
Sjepseskare | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sjepseskare Isi, Sisires | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Farao van die 5de Dinastie | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periode | Omstreeks 2463-2445 v.C. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorganger | Neferirkare (?) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Opvolger | Neferefre (?) | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sjepseskare in Egiptiese hiërogliewe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Sjepseskare (ook bekend as Sjepseskare Isi en onder die Hellenistiese naam Sisires volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Sommige kenners glo hy het van omstreeks 2455 tot 2448 v.C. regeer.[1] Sy troonnaam beteken "Edel is die siel van Ra".[2]
Hy is een van die farao's met die kortste bewind en sommige Egiptoloë soos die Tsjeg Miroslav Verner glo hy het net ’n paar maande lank regeer na aanleiding van sy onvoltooide piramide by Aboesir, waarvan die basis skaars voltooi was voor werk gestaak is, asook vanweë die min artikels wat die koning noem. Tog dui sowel die Turynse Koningslys as Manetho sy bewind as sewe jaar aan.
Bewind
Die enigste bekende artefakte uit Sjepseskare se bewind is ’n paar kleiseels van Aboesir, waar die koning moontlik begrawe is, en twee silinderseels volgens Verner.[3] Verner glo ook Sjepseskare het Neferefre opgevolg en was nie sy voorganger nie, na aanleiding van die ontdekking in 1982 van verskeie nuwe kleiseels met Sjepseskare se naam Horus Sechemkaoe in die oudste deel van Neferere se dodetempel by Aboesir wat nie gebou was voor Neferefre se dood nie.[4] Dit dui daarop dat Sjepseskare ná Neferefre moes regeer het. Hy meen die feit dat Sjepseskare in die Egiptiese koningslys as Neferefre se voorganger aangedui word, kan wees vanweë die politieke wanorde en dinastiese dispute van dié tyd.[5]
Sjepseskare kon die seun van Sahoere gewees het wat vir ’n kort ruk die mag oorgeneem het ná Neferefre se voortydige dood.[6] Verner lê klem daarop dat werk aan Sjepseskare se piramide, tussen die Piramide van Sahoere en die sontempel van Oeserkaf, onderbreek is baie kort nadat dit begin het, ná ’n paar weke of hoogstens ’n maand of twee. Hy glo die koning wou met die ligging van die piramide sy verwantskap aan óf Sahoere óf Oeserkaf wys.[7]
Verwysings
- ↑ Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 480. ISBN 0-19-815034-2.
- ↑ Peter Clayton, Chronicle of the Pharaohs, Thames and Hudson, 1994. p.61
- ↑ Miroslav Verner, Archaeological Remarks on the 4th and 5th Dynasty Chronology, Archiv Orientální, Volume 69: 2001, p.396
- ↑ Miroslav Verner, The Pyramids, Grove Press: 2001, New York, p.310
- ↑ Verner, The Pyramids, p.310
- ↑ Verner, Archaeological Remarks, p.399
- ↑ Verner, Archaeological Remarks, p.399
Eksterne skakels
- Egiptiese konings
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia