Sjot

'n Sjot (Arabies: Soutmeer) is 'n soutmeer in Algerië en Tunisië wat ontstaan uit reënwater en die smeltwater in die lente en somer van die bergsneeu uit die Atlasgebergte. 'n Sjot droog reëlmatig in die droë laatsomer op.

Die Plato van die Sjots wat in Algerië lê, is daarna vernoem.

Belankrike Sjots

  • Die grootste sjot, Chott el Jerid, beslaan op sy grootste 5 000 km² en is in die middel van Tunisië geleë naby die Algerynse grens.
  • Chott Ech Chergui in Algerië is die tweede grootste sjot in Noord-Afrika en is 'n Ramsarmoerasland.
  • Chott Melrhir in noordoos Algerië - byna geheel en al onder seevlak en die laagste punt in Algerië.
  • Chott el Gharsa in Tunisië van Chott el Jerid geskei deur 'n nou strook land, die Jerid.
  • Chott el Fejej in Tunisië - 'n nou, oostelike uisteeksel van Chott el Jerid wat tot amper by die Golf van Gabes strek.
  • Chott el Hodna in Algerië

Eksterne skakels