Soutpansberg
Die Soutpansberg is 'n bergreeks in die noordelike deel van Suid-Afrika in die Limpopoprovinsie. Die bergreeks is ongeveer 130 km lank en strek in 'n oos/wes rigting. Die naam kom van die soutpanne wat die Voortrekkers daar ontdek het. Die hoogste piek is Lajuma (1753 m). Louis Trichardt is net suid van die berg en die N1 nasionale pad kruis die berg hier deur Wyliespoort. Die 70 m hoë Lajumawaterval is ook in die berg.
Die Blaauberg is aangrensend van die Soutpansberg, maar die geologie is verskillend.
Galery
Organismes endemies aan die Soutpansberg
-
Searsia magalismontana subsp. coddii
-
Soutpansberg-rotsakkedis, Vhembelacerta rupicola
-
Soutpansberg-platakkedis, Platysaurus relictus
-
Die endemiese Soutpansberg-wurmakkedis, Chirindia langi subsp. occidentalis
-
Lygodactylus ocellatus soutpansbergensis, 'n gecko endemies aan die Soutpansberg
-
Hadogenes soutpansbergensis, 'n skerpioen endemies aan die Soutpansberg
-
Opistophthalmus lawrencei, 'n skerpioen endemies aan die Soutpansberg
-
Soutpansberg kewer, Scarabaeus schulzeae
Eksterne skakels
- (en) Die Soutpansberg[dooie skakel]
- (en) Soutpansberg