Suidelike rooibekneushoringvoël
Suidelike rooibekneushoringvoël | |
---|---|
![]() | |
'n Wyfie in die Krugerwildtuin en roepopname te Dinokeng-wildtuin | |
Not recognized (IUCN 3.1)
| |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | T. rufirostris
|
Binomiale naam | |
Tockus rufirostris Sundevall, 1850
|
Die Suidelike rooibekneushoringvoël (Tockus rufirostris) is 'n neushoringvoëlspesie in die Bucerotidae-familie. Dit kom algemeen voor in die savanne en halfdorre boomveld van Suider-Afrika. In die droë boswoude van westelike Namibië word 'n nabyverwante spesie, die Damararooibekneushoringvoël, aangetref. Die Suidelike rooibekneushoringvoël is 38 – 45 cm lank en weeg 100 – 170 g. In Engels staan die voël bekend as die Southern red-billed hornbill.
Gewoontes
Die voël se roep bestaan uit 'n reeks versnellende note: kuk kuk kuk... wat eindig in 'n crescendo van dubbelnote, kuk-we kuk-we. Anders as ander rooibekneushoringvoëls lig hulle nie hul vlerke op tydens die pronkroep nie.
Verspreiding
Dit word aangetref in Malawi en Zambië tot in die suide van Angola, noordoostelike Namibië, Botswana, Zimbabwe, oostelike Eswatini en noordelike Suid-Afrika (Transvaal en Noord-Natal).
Fotogalery
-
Rooi snawel
-
op 'n tak en
-
op die grond
Sien ook
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1