The X-Rays
The X-Rays | |
---|---|
Regisseur | George Albert Smith |
Produksieleier | George Albert Smith |
Met |
|
Kinematografie | George Albert Smith |
Ateljee | G.A. Smith |
Verspreider | Warwick Trading Company |
Uitgereik | Oktober 1897 |
Speeltyd | 44 sek |
Land | ![]() |
IMDb-profiel |
The X-Rays (ook bekend as 'The X-Ray Fiend'[1]) is 'n Britse stilkomiese truukfilm uit 1897. George Albert Smith is die regisseur.[2][3] Die film wys 'n hofmakerige paartjie wat aan X-strale blootgestel is. Die 44-sekonde truukfilm, volgens Michael Brooke van BFI Screenonline, "bevat een van die eerste Britse voorbeelde van spesiale effekte wat deur middel van springsnitte geskep is"[4] Smith gebruik die springsnit twee keer; eers om sy hofmakeregpaar te transformeer deur middel van "X-strale", gedramatiseer deur middel van die akteurs wat swart lyfpakke aantrek wat met geraamtes versier is en met die vrou wat net die metaalsteunwerk van haar sambreel vashou, en dan om dit en die sambreel na normaal terug te bring. Die betrokke paartjie is gespeel deur Smith se vrou Laura Bayley en Tom Green, 'n Brighton-komediant.
Hoofrolspelers
- Tom Green
- Laura Bayley
Verwysings
- ↑ "X-Rays". silentera.com. Progressive Silent Film List.
- ↑ The X-Ray Fiend
- ↑ Nancy Hendricks. Haunted Histories in America: True Stories Behind The Nation's Most Feared Places
- ↑ Brooke, Michael. "The X-Rays". BFI Screenonline Database. Besoek op 24 April 2011.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie The X-Rays.
Wikiquote het aanhalings deur The X-Rays.
- The X-Rays op IMDb
- Die film op Youtube