Tin(II)chloried
Algemeen | |
---|---|
Naam | Tin(II)chloried |
Chemiese formule | SnCl2 |
Molêre massa | 189,6[g/mol][1] |
CAS-nommer | 7772-99-8[1] |
Voorkoms | wit vastestof[1] |
Reuk | effens [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a= 779,3; b= 920,7 c=443,0 pm[2] |
Ruimtegroep | Pnam (nie-standaard)[2]. |
Nommer | 62 |
Strukturbericht | C23 |
Smeltpunt | 246 °C [1] |
Kookpunt | 652 °C [1] |
Digtheid | 3,950 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | Oplosbaar[1] |
ΔfusHɵ | 14,52 [kJ/mol][3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 1 910 [mg/kg]; (rot; oraal) [1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Tin(II)chloried is 'n sout van tin in sy +2 oksidasietoestand en soutsuur.
Dit is 'n higroskopiese vastestof wat suur en reduserende eienskappe besit. [1]
Kristalstrukture
Tin(II)chloried kristalliseer in die ortorombiese cotunniet-struktuur[2] (C23 in die strukturbericht-klassifikasie).
Teen drukke van 15 GPa skakel dit oor in 'n monokliniese struktuur.[2]
Chemiese eienskappe
Tin los by verhitting in soutsuur onder vorming van waterstof en 'n oplossing van tin(II)chloried op:[4]
Dit los op in minder as sy eie massa in water. Dit reageer met suurstof en vorm 'n onoplosbare oksichloried. Dit is ook oplosbaar in etanol (54,4 g per 100 g), asetoon (42,7 g per 100g), metielasetaat, piridien en isobutanol. Dit vorm 'n dihidraat SnCl2·2H2O wat teen 37 °C ontbind.[3]
Gebruike
Dit word as 'n soldeervloeimiddel, inkvlekverwyderaar, gisherwinner, beitsmiddel in tekstielverf en as looimiddel in die leerbewerking gebruik. Dit is 'n kragtige reduseermiddel wat gebruik word om kleurstowwe, pigmente, farmaseutiese produkte, smeerolie-bymiddels en organiese en anorganiese chemikalieë te maak. Dit word ook vir galvaniese vertinking aangewend en vir sensitisering van glas, plastiek en ander nie-geleidende oppervlaktes voor metallisering.[3]
Dit is ook 'n chemiese reagens, organiese katalisator en voedseltoevoeging.
Verwysings
- ↑ 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 "sds". Fisher. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2022. Besoek op 30 November 2023.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 J.M. Leger, J. Haines, A. Atouf (1996). "The high pressure behaviour of the cotunnite and post-cotunnite phases of PbCl2 and SnCl2". Journal of Physics and Chemistry of Solids. 57 (1): 7–16. doi:10.1016/0022-3697(95)00060-7.
{cite journal}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 3,0 3,1 3,2 "Stannous chloride". PubChem NIH.
- ↑ Ingerman, D.; Koning, T.;Koning, C.R. (1923). Grondbeginselen der scheikunde. Tjeenk Willink.
{cite book}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)