Tom Thabane
Tom Thabane | |
![]() Thabane in Oktober 2018 | |
5de Eerste Minister van Lesotho
| |
Ampstermyn 16 Junie 2017 – 19 Mei 2020 | |
Voorafgegaan deur | Pakalitha Mosisili |
---|---|
Opgevolg deur | Moeketsi Majoro |
Ampstermyn 8 Junie 2012 – 17 Maart 2015 | |
Voorafgegaan deur | Pakalitha Mosisili |
Opgevolg deur | Pakalitha Mosisili |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Thomas Motsoahae Thabane 28 Mei 1939 Maseru, Basoetoland |
Politieke party | All Basotho Convention |
Eggenoot/-note | Matoka Judith Thabane (? – ?) Lipolelo Thabane (1987–2017; haar moord) Maesiah Thabane (2017–hede) |
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/86/Tom_Thabane.jpg/200px-Tom_Thabane.jpg)
Thomas Motsoahae Thabane (gebore 28 Mei 1939) is 'n politikus. Hy was die premier van Lesotho vanaf Junie 2017 tot Mei 2020. Hy het ook die amp vanaf Junie 2012 tot Maart 2015 beklee. Hy is die huidige leier van die All Basotho Convention (ABC) politieke party.
Thabane het in die destydse regering van premier Pakalitha Mosisili gedien. Hy was 'n lid van die regerende Lesotho Congress for Democracy (LCD), maar in 2006 het hy van die LCD af weggebreek en die All Basotho Convention van stapel gestuur. Na meer as vyf jaar in opposisie het hy 'n koalisie van 12 partye in die nasleep van die 2012-parlementsverkiesing gevorm en hy is tot premier aangestel.[1][2]
In die 2015-parlementsverkiesing is die ABC deur 'n sewe-party-koalisie onder leiding van Mosisili verslaan, hoewel die ABC wel die meeste kiesafdelings gewen het.[3] Twee maande later het Thabane saam met twee ander opposisieleiers na Suid-Afrika gevlug en beweer dat hul lewens in gevaar was. Hulle het op 12 Februarie 2017 na Lesotho teruggekeer om deel te neem aan 'n mosie van wantroue wat Mosisili as premier verwyder het.[4] In die daaropvolgende parlementsverkiesing het Thabane 'n meervoudige aantal setels in die Nasionale Vergadering gewen en as premier teruggekeer.[5]
In 2020 was Thabane onder druk om as premier te bedank weens sy beweerde betrokkenheid by die moord op sy gewese eggenoot. Hy het op 18 Mei aangekondig dat hy die volgende dag sou bedank. Finansies minister Moeketsi Majoro het hom opgevolg.[6]
Verwysings
- ↑ Caldwell, Mark (30 Mei 2012). "Lesotho heads towards a coalition government". www.dw.com. Besoek op 17 Julie 2020.
- ↑ "Lesotho election: Tom Thabane's ABC 'to form coalition'". BBC News. 30 Mei 2012. Besoek op 17 Julie 2020.
- ↑ "Lesotho's new leader inaugurated". News24. Johannesburg. 17 Maart 2015. Besoek op 17 Julie 2020.
- ↑ "Ex-PM returns to restive Lesotho vowing to win power". Yahoo. 12 Februarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2017. Besoek op 17 Julie 2020.
- ↑ Akwei, Ismail (16 Junie 2017). "'Devastated' Lesotho PM inaugurated after fatal shooting of wife". www.africanews.com. Besoek op 16 Junie 2017.
- ↑ "Thomas Thabane resigns as Lesotho prime minister". BBC News. 19 Mei 2020. Besoek op 17 Julie 2020.