Visayas

Visayas
Inheemse naam: Kabisay-an / Kabisayaan
Ligging van die Visayas in die Filippyne
Ligging van die Visayas in die Filippyne
Geografie

Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 11°00′N 123°30′O / 11.000°N 123.500°O / 11.000; 123.500Koördinate: 11°00′N 123°30′O / 11.000°N 123.500°O / 11.000; 123.500
Argipel Filippyne

Hoofeilande Bohol, Cebu, Leyte, Negros, Panay, Samar
Oppervlakte 71 503 vk km
Hoogste punt Berg Kanlaon 2 435 m
Administrasie
Vlag van Filippyne Filippyne
Streke Wes-, Sentraal- en Oos-Visayas, Negros Eilandstreek

Hoofstad Cebu Stad
Grootste stad Cebu Stad (912 611)

Demografie
Bevolking 19 373 431

Bevolkingsgroepe Visayans (Aklanon, Boholano/Bol-anon, Caluyanon, Capiznon, Cebuano, Eskaya, Hiligaynon, Karay-a, Masbateño, Porohanon, Romblomanon, Waray), Ati en ander etniese groepe
Kaart van die Visayas-eilande:

   Wes-Visayas

   Sentraal-Visayas

   Oos-Visayas

   Negros

Die hoofeilande, vanaf wes tot oos, is Panay, Negros, Cebu, Bohol, Leyte en Samar
Ligging van die Wes-Visayas in die Filippyne
Ligging van die Sentraal-Visayas in die Filippyne
Ligging van die Oos-Visayas in die Filippyne
Ligging van die Negros Eilandstreek in die Filippyne

Die Visayas (Cebuano en Wáray-Wáray: Kabisay-an [kabiˈsajʔan], Tagalog: Kabisayaan [kabiˈsɐjaʔan], Spaans: Bisayas) is 'n argipel in die middel van die Filippyne en word begrens deur die Sulusee in die suidweste en die Filippynse See in die ooste. Hulle is tussen Luzon in die noorde en Mindanao in die suide geleë.[1] Die Visayas vorm saam met Luzon en Mindanao die eilandnasie Filippyne.

Die eilandgroep het 'n bevolking van sowat 19 373 431 in 2015 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 71 503 km². Die hoofstad, Cebu Stad, het 'n bevolking van 922 611 in 2015 gehad.

Die naam van die Visayas is afgelei van die Sanskrit-woorde sri (श्री) vir "gelukkig" of "voorspoedig" en vijaya (विजय) vir "seëvierend" of "uitstekend".

Streke en provinsies

Die Visayas is polities vier streke verdeel, wat uit 16 provinsies bestaan.

Wes-Visayas (Streek VI)

Die Wes-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eiland Panay en het 'n oppervlakte van 12 352,5 km².

Die provinsies van die streek is:

  • Aklan (1 821 km²)
  • Antique (2 729 km²)
  • Capiz (2 595 km²)
  • Guimaras (605 km²)
  • Iloilo (5 079 km²)

Sentraal-Visayas (Streek VII)

Die Sentraal-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eilande Cebu en Bohol en het 'n oppervlakte van 10 102,1 km².

Die provinsies van die streek is:

  • Bohol (4 821 km²)
  • Cebu (5 342 km²)
  • Siquijor (337 km²)

Oos-Visayas (Streek VIII)

Die Oos-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eilande Leyte en Samar en het 'n oppervlakte van 23 251 km².

Die provinsies van die streek is:

  • Biliran (536 km²)
  • Leyte (6 515 km²)
  • Suid-Leyte (1 799 km²)
  • Oos-Samar (4 660 km²)
  • Noord-Samar (3 693 km²)
  • Samar (6 048 km²)

Negros Eilandstreek (NIR)

Die Negros Eilandstreek bestaan hoofsaaklik uit die eiland Negros en het 'n oppervlakte van 13 665,9 km².

Die provinsies van die streek is:

  • Negros Occidental (7 965 km²)
  • Negros Oriental (5 386 km²)

Verwysings

  1. "Visayan Islands" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2019. Besoek op 5 Augustus 2017.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.