Vlieg (sterrebeeld)
Vlieg | ||||
Latynse naam | Musca | |||
Genitief | Muscae | |||
Afkorting | Mus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h | |||
Deklinasie | -70º | |||
Grootte | 138 vk. grade (77ste) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 6 | |||
Helderste ster | Alpha Muscae (α Mus) | |||
Naaste ster | Gliese 440 | |||
Sterre helderder as 3 m | 1 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 13 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Paradysvoël, Kiel, Sentour, Kameleon, Passer, Suiderkruis | ||||
|
Die Vlieg (Latyn: Musca) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit was een van die 12 sterrebeelde wat in die 16de eeu deur Petrus Plancius geskep is na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman.
Ruimtevoorwerpe
Nova Muscae 1991 is ’n dubbelvoorwerp wat uit ’n ster en ’n swart gat bestaan. ’n Uitbarsting in 1991 het tot die ontdekking daarvan gelei. Die sterrebeeld bevat ook die ongewone planetêre newel NGC 5189, sowat 3 000 ligjare van die Aarde af, en die Uurglasnewel (MyCn 18), sowat 8 000 ligjare ver. Die relatief ou bolvormige sterreswerm NGC 4833 naby Delta Muscae is 21 200 ligjare ver en word effens verberg deur stofwolke.
Geskiedenis
Die Vlieg is in die laat 16de eeu deur Petrus Plancius voorgestel onder sy oorspronklike Latynse naam, Apis (die By), vir die voorheen ongekarteerde gebied om die suidelike hemelpool en as "voedsel" vir die sterrebeeld Kameleon. (Op 17de-eeuse kaarte word die kameleon se tong gewys wat probeer om die insek te vang.) In 1752 het Nicolas-Louis de Lacaille dit hernoem na Musca Australis (die Suidelike Vlieg) as teenvoeter vir die ou sterrebeeld Noordelike Vlieg, wat nou deel van die Ram is, en om verwarring te voorkom met Apus, die Paradysvoël. Die naam is later verkort na Musca.[1]
Verwysings
- ↑ Horvatin, Shane. "Obsolete Constellations: Apis" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2017. Besoek op 10 Julie 2012.
Bronne
- Ridpath, Ian; Tirion, Wil (2007), Stars and Planets Guide, Princeton University Press, ISBN 978-0-691-13556-4
- Hamilton, Thomas W. (1968), Useful Star Names, Viewlex
Eksterne skakels
- The Deep Photographic Guide to the Constellations: Musca
- Starry Night Photography: Musca
- The clickable Musca
- Star Tales – Musca
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vlieg (sterrebeeld).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia