Volksrepubliek Loehansk

Volksrepubliek Loehansk
Луганская Народная Республика (Russies)
Vlag van die Volksrepubliek Loehansk Wapen van die Volksrepubliek Loehansk
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Луганск, сила и свобода
(Russies vir: "Loehansk, sterkte en vryheid")
Volkslied: Гимн Луганской Народной Республики
(Russies vir: "Volkslied van die Volksrepubliek Loehansk")
Ligging van die Volksrepubliek Loehansk
Hoofstad Loehansk

48°34′N 39°20′O / 48.567°N 39.333°O / 48.567; 39.333

Grootste stad Loehansk
Amptelike tale Russies[1]
Regering

• Hoof
Eerste minister
In naam 'n unitêre
presidensiële republiek
Leonid Pasechnik
Sergei Koslof
Onafhanklikheid
Gedeeltelik erkende staat
• Stigting
• Onafhanklikheidsreferendum
• Ooreenkoms van Minsk
• Tweede ooreenkoms van Minsk
• Russiese erkenning
• Russiese anneksasie

van Oekraïne
27 April 2014
11 Mei 2014
5 September 2014
12 Februarie 2015
21 Februarie 2022
30 September 2022
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
8 377[2] km2  
3 234 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2018-skatting
 - Digtheid
 
1 464 039[3] ()
/ km2
Geldeenheid Russiese roebel (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
MSK (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD
Skakelkode +

Die Volksrepubliek Loehansk (Russies: Луга́нская Наро́дная Респу́блика, Luganskaja Narodnaka Respublika, [lʊˈɡanskəjə nɐˈrodnəjə rʲɪˈspublʲɪkə]) is volgens internasionale reg 'n deel van Oekraïne, maar het van 2014 tot 2022 de facto 'n onafhanklike republiek gevorm, sonder algemene internasionale erkenning. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.[4]

'n Kaart van Oekraïne met deur Rusland geannekseerde gebiede

Hoewel Oekraïne nie beheer oor die Volksrepubliek Loehansk uitoefen nie, beskou die Oekraïense regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings die Volksrepubliek Loehansk as 'n deel van Oekraïne, waarvan die grondwet na dié gebied as Loehansk-oblast verwys.

Die Volksrepubliek Loehansk is langs die Oekraïens-Russiese grens geleë. Die hoofstad en grootste stad is Loehansk. Die volksrepubliek beslaan 'n oppervlakte van 8 377 km² en het 'n bevolking van 1 464 039 in 2018 gehad. Dit grens in die ooste aan die Russiese deelgebied Rostof-oblast.

Politiek

Internasionale erkenning

Internasionale erkenning van die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk:

   Veroordeling van die Russiese erkenning van onafhanklikheid

   Ondersteuning van Oekraïense territoriale integriteit

   Ondersteuning vir die erkenning van die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk

   Amptelike erkenning van die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk

VN-lidlande
  • Vlag van Rusland Rusland erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 21 Februarie 2022.
  • Vlag van Sirië Sirië erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 29 Junie 2022.[5]
  • Vlag van Noord-Korea Noord-Korea erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 13 Julie 2022.[6]
Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels