Witseebasboom
Witseebasboom | |
---|---|
Avicennia marina in Timor-Leste. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Acanthaceae |
Genus: | Avicennia |
Spesie: | A. marina
|
Binomiale naam | |
Avicennia marina (Forssk.) Vierh., (1907)
| |
Sinonieme | |
|
Die witseebasboom (Avicennia marina) is 'n wortelboom en dikwels die oorheersende boomspesie in wortelboommoerasse. Die wydverspreide spesie is inheems aan Afrika se ooskus, Suidwes-, Suid- en Suidoos-Asië, Australië en Nieu-Seeland. In Afrika is hulle inheems aan Suid-Afrika, Madagaskar, Mosambiek, Tanzanië, Kenia, Somalië, Djiboeti, Eritrea, Soedan en Egipte. Op die Arabiese Skiereiland is die boom inheems in Saoedi-Arabië, Jemen en Oman. In Asië is die boom onder andere inheems in Iran, Pakistan, Indië, Sri Lanka, Bangladesj, suidoos China en Borneo.
Hulle groei ook weg van die see af aan die oewers van varswaterriviere. Dis gewoonlik 'n krom en knoetserige boom met kenmerkende pneumatofore wat uit sy ondergrondse wortels opkom. Dit is baie aanpasbaar en is 'n pionierspesie na versteurings in die maglietgemeenskappe.
Hulle word in die wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek aangetref. In Suid-Afrika kom dit voor op die kus van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.[2] Die spesie word op die SANBI-rooilys as veilig (LC) genoem, maar dit is nie aan evaluasie onderwerp nie.
Sien ook
Verwysings
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:861130-1
- ↑ "SANBI" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online