Witspikkel-blaasop
Witspikkel-blaasop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Arothron
|
Spesie: | A. hispidus
|
Binomiale naam | |
Arothron hispidus (Linnaeus, 1758)
|
Die witspikkel-blaasop (Arothron hispidus) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Whitespotted puffer.
Voorkoms
Die kop en lyf is gryserig en bedek met wit kolletjies. Die onderkant is wit. Daar is 2 – 3 onreëlmatige vertikale strepe net onder die kop en basis van die pektorale vinne. Die vis word tot 48 cm lank.
Habitat
Hulle verkies koraal- en rotsriwwe om in te leef in water wat 1 – 50 m diep is en is omnivore.
Sien ook
- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7