Die jaar 1886 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 86ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
8 Mei – Die Amerikaanse apteker dr. John Styth Pemberton skep ’n drankie wat later bekend staan as Coca-Cola.
2 Junie – Frances Cleveland (geb. Folsom) trou op 21-jarige ouderdom met die Amerikaanse president Grover Cleveland en word die jongste "First Lady" in die Amerikaanse geskiedenis.