Die jaar 1895 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 95ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
28 Desember – Geskiedenis van die rolprent: Die Lumière broers vertoon vir die eerste keer bewegende prente aan 'n betalende gehoor.
Henry James publiseer sy versamelde werk Terminations. Dit bevat onder andere die fabel The Altar of the Dead. Sy toneelstuk Guy Domvilles is vir die eerste keer opgevoer.
Die opstand van die koningsgesindes van Hawaii word onderdruk en die vroeëre koningin Liliuokalani word heringestel.