28 Desember
<< | Desember 2022 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
28 Desember is die 362ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (363ste in skrikkeljare). Daar volg nog 3 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 418 – Pous Bonifatius I volg Pous Zosimus op.
- 1065 – Die Westminster-abdy, gebou deur Eduard die Belyer tussen 1045 en 1050, word ingewy.
- 1478 – Veldslag van Giornico, 175 soldate van die Switserse Bondgenootskap en 600 boere uit die Livinio-vallei oorwin 'n groot oormag van 10 000 soldate van Milaan.
- 1835 – Osceola lei sy Seminoolvegters in Florida en begin die Tweede Seminooloorlog teen die VSA Leër.
- 1836 – Spanje erken Meksiko se onafhanklikheid.
- 1846 – Iowa word die 29ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1879 – Die middelste deel van die Tay Treinbrug in Dundee, Skotland sak ineen terwyl 'n trein daaroor beweeg, waarin 75 mense sterf.
- 1895 – Geskiedenis van die rolprent: Die Lumière broers vertoon bewegende prente aan 'n betalende gehoor vir die eerste keer.
- 1909 – Eerste vliegtuigvlug in Suid-Afrika (en ook Afrika) onderneem deur Albert Kimmerling by die Nahoon perdereisiesbaan in Oos-Londen.
- 1999 – Saparmurat Niyazov word President vir Lewe geproklameer in Turkmenistan.
Geboortes
- 1855 – Rudolf Marloth, Suid-Afrikaanse chemikus en plantkundige, na wie die bergaalwyn (Aloe marlothii) genoem is († 1931).
- 1856 – Woodrow Wilson, 28ste President van die Verenigde State († 1924).
- 1880 – C. Louis Leipoldt, Afrikaanse digter († 1947).
- 1897 – Iwan Konef, Sowjetmaarskalk in die Rooi Leër († 1973).
- 1926 – F.F. Odendal, Afrikaanse taalkundige en leksikograaf († 2013)
- 1932 – Nichelle Nichols, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2022).
- 1944 – Kary Mullis, Amerikaanse biochemikus († 2019).
- 1944 – John Komlos, Amerikaanse ekonomiese historikus.
- 1947 – Mamphela Ramphele, Suid-Afrikaanse voormalige anti-apartheidsaktivis/politikus, dokter, akademikus.
- 1954 – Denzel Washington, Amerikaanse akteur.
- 1960 – Chad McQueen, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1969 – Linus Torvalds, Finse rekenaarwetenskaplike en skepper van Linux.
- 1978 – Aisleyne Horgan-Wallace, Engelse tv-persoonlikheid, model en rubriekskrywer.
Sterftes
- 1447 – Gil Sanches Muñoz y Carbon, biskop van Valencia, voorheen Teenpous Clemens VIII (* 1369).
- 1503 – Piero di Lorenzo de' Medici, heerser van Florence vanaf 1492 tot sy ballingskap in 1494 (* 1472).
- 1694 – Koningin Maria II van Engeland (* 1662).
- 1797 – Brigadier-generaal Mathurin-Léonard Duphot, van Frankryk, sterf tydens 'n rebelse opstand (* 1769).
- 1890 – ds. Dirk Postma, grondlegger van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1818).
- 1931 – Curt von François, stigter van Windhoek, Namibië (* 1852).
- 1937 – Maurice Ravel, Franse komponis (* 1875).
- 2003 – Rykie van Reenen, Afrikaanse joernalis (* 1923).
- 2004 – Susan Sontag, Amerikaanse skrywer en rolprentregiseur (* 1933).
- 2009 – Dirk de Villiers, Suid-Afrikaanse rolprentmaker en akteur (* 1924).
- 2015 – Chris Barnard, befaamde Afrikaanse skrywer en rolprentmaker (* 1939).
- 2015 – Ian Murdock, Amerikaanse sagtewareontwikkelaar wat die Debian projek begin het (* 1973).
- 2016 – Judith Mason, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1938).
- 2016 – Debbie Reynolds, Amerikaanse aktrise (* 1932).
- 2020 – Armando Manzanero, Mexikaanse sanger (* 1935).