24 September
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
24 September is die 267ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (268ste in skrikkeljare). Daar volg nog 98 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 622 – Mohammed en sy volgelinge uit Mekka voltooi hulle Hijra na Medina.
- 787 – Die Tweede Konsilie van Nicea vind plaas.
- 1370 – Pous Urbanus V kom in Avignon aan na sy terugkeer uit Rome.
- 1488 – Giovanni de' Medici (later Pous Leo X) word ab "in commendam" van die Vallobrosan klooster.
- 1537 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-priester van Sint Sisto.
- 1540 – Marcello Cervini (later Pous Marcellus II) word biskop van Reggio Emilia.
- 1543 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van San Maria in Trastevere.
- 1663 – Koning Lodewyk XIV van Frankryk word toegelaat om tot 16000 huursoldate soldate in Switserland te werf.
- 1664 – Anglo-Nederlandse oorloë: Nederland gee in Nieu-Amsterdam, wat later tot New York Stad sou ontwikkel, aan Engeland oor.
- 1678 – Brandenburg verower die Rügen-eiland van Swede.
- 1731 – Pous Clemens XII stel vyf nuwe kardinale aan, waaronder Vincenzo Bichi, titulêr aartsbiskop van Laodicea.
- 1759 – Pous Clemens XIII stel 22 nuwe kardinale aan, waaronder Lorenzo Ganganelli (later Pous Clemens XIV).
- 1828 – Zoeloekoning Shaka word deur sy halfbroers Dingaan en Mhlangane vermoor.
- 1841 – Die Sultan van Brunei dra Sarawak oor aan die Britse avonturier James Brooke.
- 1908 – Die eerste Model T Ford word gebou.
- 1976 – Rhodesië se eerste minister, Ian Smith, kondig aan dat swart meerderheidsregering binne twee jaar ingestel sou word, vyf dae na voorstelle van 'n diplomatieke afvaardiging onder leiding van die VSA gemaak is.
- 1988 – Ben Johnson voltooi die 100 meter naelloop by die 1988 Olimpiese Spele te Seoul in 'n wêreldrekordtyd van 9,79 sekondes, voor Carl Lewis en Linford Christie, maar word later gediskwalifiseer vir gebruik van opkikkers.
- 2007 – Indië wen die eindstryd van die eerste T20I-wêreldbeker in Suid-Afrika met vyf lopies teen Pakistan.
- 2009 – Airlink Vlug 8911, 'n British Aerospace Jetstream 41 stort neer in Durban net nadat dit opgestyg het.
Geboortes
- 15 – Vitellius, was vir kort keiser van die Romeinse Ryk in die jaar van vier keisers († 69).
- 1583 – Albrecht von Wallenstein, 'n Boheemse militaris en politikus († 1634).
- 1717 – Horace Walpole, Engelse kunshistorikus, skrywer, intellektueel, antikwaar en politikus († 1797).
- 1852 – Elizabeth Maria Molteno, Suid-Afrikaanse kampvegter vir burger- en vroueregte († 1927).
- 1870 – Erwin Gross, Duits-Baltiese protestantse martelaar († 1920).
- 1896 – F. Scott Fitzgerald, Amerikaanse skrywer († 1940).
- 1902 – Ruhollah Khomeini, Irannese godsdienstige leier en politikus, eerste Opperleier van die Islamitiese Republiek van Iran (1979–1989; † 1989).
- 1930 – John W. Young, Amerikaanse ruimtevaarder († 2018).
- 1931 – Anthony Newley, Engelse sanger en akteur († 1999).
- 1938 – Ian McIntosh, voormalige Zimbabwies-Suid-Afrikaanse rugbyafrigter († 2023).
- 1941 – John Berks, Suid-Afrikaanse omroeper en radiopersoonlikheid († 2022).
- 1953 – Dorah Sitole, corden bleu-sjef en eerste swart vrou in Suid-Afrika wat 'n kookboek gepubliseer het († 2021).
- 1954 – Helen Lederer, Engelse aktrise en skryfster.
- 1957 – Sibongile Khumalo, Suid-Afrikaanse sanger († 2021).
- 1961 – Fiona Corke, Australiese aktrise.
- 1965 – Irene van Wyk, Afrikaanse gospel-sangeres († 2009).
- 1966 – Dingaan Thobela, Suid-Afrikaanse professionele bokser († 2024).
- 1972 – Pierre Amine Gemayel, Libanese Falangistiese minister in die regering van premier Fouad Siniora († 2006).
- 1980 − Tanit Phoenix, Suid-Afrikaanse model en aktrise.
- 1987 – Senzo Meyiwa, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, kaptein en doelwagter van Bafana-Bafana en Orlando Pirates († 2014).
Sterftes
- 366 – Pous Liberius, die 36ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 768 – Pepyn die Korte (* circa 715).
- 1143 – Pous Innocentius II, die 164ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1180 – Manuel I, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1118).
- 1739 – Grigori Potjomkin, Russiese maarskalk, staatsman en die minnaar van Katharina die Grote († 1791).
- 1782 – Julien-Marie Crozet, Franse ontdekkingsreisiger (* 1728).
- 1828 – Shaka, Suid-Afrikaanse Zoeloekoning (* 1787).
- 1834 – Dom Pedro, keiser van Brasilië en koning van Portugal (* 1798).
- 1962 – Charles Reisner, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer (* 1887).
- 1978 – Ida Noddack, Duitse chemikus en fisikus (* 1896).