Die jaar 1739 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 39ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
23 Februarie – Pous Clemens XII stel Gaetano Stampa, aartsbiskop van Milaan en Pierre-Guérin de Tencin, aartsbiskop van Embrun aan as kardinaal.
5 Mei – Die Persiese troepe onder Nadir Shah verlaat die Indiese stad Delhi nadat hulle dit vir etlike weke geplunder het. Naas duisende slawe word die pou-troon en die diamant bekend as die Koh-i-noor uit die Mogolryk na Persië weggevoer.
15 Julie – Pous Clemens XII stel Marcellino Corio, goewerneur van Rome aan as kardinaal.
30 September – Pous Clemens XII stel Prospero Colonna, ouditeur van die Apostoliese Kamer en Carlo Maria Sacripante, tesourier-generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinaal.