37ste Oscar-toekenningsaand
37ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 5 April 1965 | |
Plek | Santa Monica-burgerouditorium, Santa Monica, Kalifornië | |
Aanbieder | Bob Hope | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | My Fair Lady | |
Meeste pryse | My Fair Lady (8) | |
Meeste benoemings | Mary Poppins (13) |
Die 37ste Oscar-toekenningsaand is op 5 April 1965 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Santa Monica, Kalifornië, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1964. Die aanbieder was vir die agtste keer Bob Hope. ’n Oscar vir beste grimering is die eerste keer toegeken.
Al vier akteurspryse is gewen deur nie-Amerikaners – dit het eers weer in 2008 gebeur.
Die Oscar vir beste prent het gegaan aan My Fair Lady, wat jare lank ’n musiekblyspel in New York en Londen was. Die feit dat die aktrise in die hoofrol, Audrey Hepburn, nie ’n benoeming as beste aktrise gekry het nie, was omstrede. Waarskynlike redes was die ongewildheid van Hepburn as plaasvervanger van die aktrise in die oorspronklike blyspel, Julie Andrews (wat ironies dié aand die Oscar vir beste aktrise gewen het), sowel as die onthulling dat haar sang in die prent vervang is met dié van Marni Nixon.
Dit was die enigste keer in die geskiedenis dat drie rolprente 12 of meer benoemings gekry het. Becket en My Fair Lady het albei 12 gekry en Mary Poppins 13.
Pryse
Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1][2]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike musiek |
| |
Beste kinematografie, swart-wit | Beste kinematografie, kleur |
|
|
Beste redigering | Beste visuele effekte |
|
|
Ereprys
- William J. Tuttle
Verwysings
- ↑ "The 37th Academy Awards (1965) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 24 Augustus 2011.
- ↑ The Official Academy Awards® Database
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia