94ste Oscar-toekenningsaand
94ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 27 Maart 2022 | |
Plek | Dolby-teater, Hollywood | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | CODA | |
Beste regisseur | Jane Campion | |
Beste akteur | Will Smith | |
Beste aktrise | Jessica Chastain | |
Meeste pryse | Dune (6) | |
Meeste benoemings | The Power of the Dog (12) |
Die 94ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Maart 2022 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 1 Maart tot 31 Desember 2021. Die aand is later as die gewone datum in Februarie gehou om 'n botsing met die Olimpiese Winterspele 2022 en die Superbowl te voorkom.[1] Die aktrises Regina Hall, Amy Schumer en Wanda Sykes het die show vir die eerste keer aangebied.[2]
Die prent CODA het drie pryse gewen, onder meer een vir beste prent. Dune het met ses pryse die meeste gewen, gevolg deur The Eyes of Tammy Faye (twee).[3]
Tydens die seremonie het Will Smith die komediant Chris Rock geklap nadat Rock 'n grappie oor Smith se vrou, Jada Pinkett Smith, gemaak het wie se kop geskeer was weens alopecia areata (kaal kolle). Die Academy het Smith as straf vir 'n dekade verbied om sy geleenthede by te woon.
Pryse
Hier volg ’n lys van die belangrikste benoemdes.[4] Die wenners word eerste genoem en is in vet druk.
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste animasieprent | Beste buitelandse rolprent |
|
|
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste produksie-ontwerp | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
Verwysings
- ↑ Feinberg, Scott (27 Mei 2021). "Oscars: Academy Announces Date for 94th Oscars and Key Events Leading Up to It". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2021. Besoek op 7 Februarie 2022.
- ↑ Wong, Wilson (15 Februarie 2022). "Oscars 2022: Wanda Sykes, Amy Schumer and Regina Hall to Host". NBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2022. Besoek op 15 Junie 2022.
- ↑ Couch, Aaron (27 Maart 2022). "Oscars: The Winners by Film". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2022. Besoek op 12 September 2022.
- ↑ "2021". Oscars.org | Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). Besoek op 7 April 2021.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.