Alcide Gasperi
Alcide De Gasperi | |
Alcide De Gasperi in 1950 | |
30ste Eerste Minister van Italië
| |
Ampstermyn 10 Desember 1945 – 17 Augustus 1953 | |
President | Enrico De Nicola Luigi Einaudi |
---|---|
Monarg | Umberto II Victor Emmanuel III |
Voorafgegaan deur | Ferruccio Parri |
Opgevolg deur | Giuseppe Pella |
Voorsitter van die Europese Parlement
| |
Ampstermyn 1 Januarie 1954 – 19 Augustus 1954 | |
Voorafgegaan deur | Paul-Henri Spaak |
Opgevolg deur | Giuseppe Pella |
Minister van Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 26 Julie 1951 – 17 Augustus 1953 | |
Voorafgegaan deur | Carlo Sforza |
Opgevolg deur | Giuseppe Pella |
Ampstermyn 12 Desember 1944 – 18 Oktober 1946 | |
Eerste minister | Ivanoe Bonomi Ferruccio Parri |
Voorafgegaan deur | Ivanoe Bonomi |
Opgevolg deur | Pietro Nenni |
Minister van Binnelandse Sake
| |
Ampstermyn 14 Julie 1946 – 2 Februarie 1947 | |
Voorafgegaan deur | Giuseppe Romita |
Opgevolg deur | Mario Scelba |
Voorlopige Staatshoof van Italië
| |
Ampstermyn 18 Junie 1946 – 28 Junie 1946 | |
Voorafgegaan deur | Umberto II |
Opgevolg deur | Enrico De Nicola |
Minister van die Italiaanse Afrika
| |
Ampstermyn 10 Desember 1945 – 19 April 1953 | |
Voorafgegaan deur | Ferruccio Parri |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Alcide Amedeo Francesco De Gasperi 3 April 1881 Pieve Tesino, Tirol, Oostenryk-Hongarye |
Sterf | 19 Augustus 1954 (op 73) Borgo Valsugana, Trentino |
Politieke party | UPPT (1906–1920) PPI (1920–1926) Onafhanklik (1926–1943) DC (1943–1954) |
Eggenoot/-note | Francesca Romani (1894–1954; sy dood) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Universiteit van Innsbruck Universiteit van Wene |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Alcide Amedeo Francesco De Gasperi (3 April 1881, Pieve Tesino – 19 Augustus 1954, Borgo Valsugana) was 'n Italiaanse staatsman. Hy was die Eerste minister van Italië van 1945 tot 1953 in agt verskillende regerings en president van die Parlementêre Assemblee, wat later die Europese Parlement geword het.[1]
;Jeug
Sy geboortestreek – nou Trentino-Alto Adige – was 'n deel van die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie wat nogtans Italiaans gepraat het. Hy het in Wene filologie gestudeer, lid van die katolieke studentebeweging geword en raak as 'n goeie bemiddelaar bekend. Hy word joernalis vir La Voce Cattolica in Trentino. Hierdie gebied word in 1918 by Italië ingelyf. Hierdeur verkry hy Italiaanse burgerskap en in die volgende jaar help hy om die Partito Popolare Italiano (PPI) te stig.[1]
Fascisme
In 1921 word hy lid van die parlement, maar die fasciste kom aan bewind en hy word in 1927 'n politiese gevangene. Ná 18 maande kry hy in die Vatikaanstad asiel en werk hy 14 jaar lank in die biblioteek daar.[1]
Heropbou
Sy Idee Ricostruttive (gedagtes vir heropbou) word die manifes van die Partito Democrazia Cristiana, die Christendemokratiese Party wat in 1943 in die geheim opgerig word. Ná die Tweede Wêreldoorlog en die einde van die fascistiese bewind word hy Eerste Minister in 1945. Hy word die oorheersende persoon van die naoorlogse tydperk van Italië. Regerings word gevorm en val weer, maar hy bly in agt kabinette die eerste minister van 1945 tot 1953. Dit word na hom die Gasperi-tydperk genoem.[1]
Europa
De Gasperi was nes Monnet en Schuman 'n oortuigde voorstander van die noodsaak van Europese samewerking en eenwording. Hy reageer skielik op die Schumanverklaring van 1950 en die volgende jaar was Italië een van die ses lande wat deelneem aan die supranasionale eksperiment van die Europese Gemeenskap van Steenkool en Staal. Hy word die tweede president van die Parlementêre Assemblee en beywer hom vir die uitbreiding van die Europese projek na ander gebiede as net steenkool en staal. Dit resulteer in die Verdrag van Rome in 1957, maar De Gasperi het dit nie meer meegemaak nie, omdat hy in 1954 dood is.[1]
Verwysings