Ammoena

Ammoena
Koning van die Hetiete
Bewind c. 1550-'30 v.C.
(middelchronologie)
Voorganger Zidanta I
Opvolger Hoezzija I
Kinders Tittija
Hoezzija I[1]
Istaparija
Vader Zidanta I[2]

Ammoena was 'n koning van die Hetitiese Ou Koninkryk.[3] Hy het sowat 20 jaar lank regeer, van omstreeks 1550-'30 v.C. (middelchronologie).[4] Dit lyk of die land onder sy bewind kwaai gely en hy 'n aansienlike deel van sy grondgebied verloor het.[5]

Biografie

Familie

Ammoena was die seun van koning Zidanta I[6] en die kleinseun van Hantili I.[7] Hy het sy pa vermoor om koning te word en het 'n groot familie gehad.[8]

Bewind

Fragmente van 'n kroniek oor Ammoena se bewind is bekend. Volgens die annale het hy blykbaar Nesja suksesvol geplunder, maar hy het kort daarna weer teen die stad geveg. Dit lyk ook of hy teen die stede Sattiwara en Soeloeki baklei het.

Sy opvolger was sy seun, Hoezzija I.[9] Hy het ook minstens een dogter, Istaparija, gehad.

Verwysings

  1. The Transjordanian Palimpsest: The Overwritten Texts of Personal Exile deur Jeremy M. Hutton
  2. Edik van Telipinoe, §18
  3. Ḫattuša – Boğazköy; Das Hethiterreich im Spannungsfeld des Alten Orients (szerk. Gernot Wilhelm), Harrassowitz, Wiesbaden
  4. Kuhrt, Amélie (2020). The Ancient Near East: c.3000–330 BC, Volume One (in Engels). Routledge. p. 230. ISBN 978-1-136-75548-4.
  5. Klengel, H. (1999). Geschichte des hethitischen Reichs, Leiden
  6. Gwendolyn Leick, Who's Who in the Ancient Near East
  7. Telepinu Proclamation, §13
  8. Reign of Zidanta I Geargiveer 17 Mei 2012 op Wayback Machine
  9. Pax Hethitica: Studies on the Hittites and Their Neighbours by Yoram Cohen, Amir Gilan, Jared L. Miller

Skakels