Tahoerwaili
Tahoerwaili | |
---|---|
Koning van die Hetiete | |
Bewind | c. vroeë 15de eeu v.C. (middelchronologie) |
Voorganger | Telepinoe |
Opvolger | Alloewamna |
Familie | Telepinoe (neef) |
Tahoerwaili was 'n koning[1] van die Hetitiese Middelryk. Hy het omstreeks die vroeë 15de eeu v.C. (middelchronologie) regeer.[2] Hy was 'n neef van koning Telepinoe.[3]
Familie
As 'n neef van Telepinoe moes hy 'n seun gewees het van een van Ammoena se broers. Dit sou hom 'n direkte manlike afstammeling van Zidanta I gemaak het.[4]
Bewind
Tahoerwaili word nie op enige van die koningslyste genoem nie,[5] maar sy bestaan word bevestig deur sy seëlafdrukke wat in Hattoesa ontdek is.[6] Die gebrek aan bewyse van sy bewind is dalk 'n aanduiding daarvan dat sy bewind kort was.
Hy het iewers tussen Telepinoe en Zidanta II regeer, maar andersins is die tyd van sy bewind onseker. Hy word dikwels ná Aloewamna en selfs Hantili II geplaas, op grond van die styl van sy seël, maar so 'n besluit is spekulatief. Omdat hy in een van Telepinoe se briewe (KUB 26:77) genoem word en hy veronderstel is om sy neef te wees, maak dit sin om hom net ná Telepinoe te plaas.
Verwysings
- ↑ Otten, Heinrich (1971)
- ↑ Kuhrt, Amélie (2020). The Ancient Near East: c.3000–330 BC, Volume One (in Engels). Routledge. p. 230. ISBN 978-1-136-75548-4.
- ↑ Birgit Brandau, Hartmut Schickert: Hethiter Die unbekannte Weltmacht
- ↑ The Kingdom of the Hittites deur Trevor Bryce
- ↑ Joost Blastweiler, Kings, Queens and princes of the Hittite Kingdom in the offering lists of the Royal ancestors, in "Anatolia in the Bronze Age", Arnem, NL, 2013
- ↑ S.R.Bin-Nun. Who was Tahurwaili, the great king? Journal of Cuneiform Studies, vol. 26 No 2 April 1974
Skakels
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.