Andorra la Vella
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Andorra |
Koördinate | 42°30′N 01°30′O / 42.500°N 1.500°O |
Stigting | 1278 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 12 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 023 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 22 256 |
- Bevolkingsdigtheid | 762,8/vk km |
Etniese groepe: | |
- Inheemse bevolking | 33% |
- Spanjaarde | 43% |
- Portugese | 11% |
- Franse | 7% |
Amptelike Webwerf | andorralavella.ad |
Andorra la Vella (Katalaans, letterlik "Andorra die Oue"; Frans: Andorre-la-Vieille) is die hoofstad en grootste stad van Andorra en die gelyknamige administratiewe distrik (parroquia). Met 'n bevolking van sowat 23 000 is Andorra la Vella ook die enigste stad in die Prinsdom Andorra, 'n klein onafhanklike land tussen Frankryk en Spanje in die Pireneë.
Andorra la Vella is in die ooste van die Pireneë-bergreeks geleë en vorm ook in geografiese opsig die middelpunt van die prinsdom. Met 1 023 meter bo seevlak is dit die hoogsgeleë hoofstad in Europa.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Andorra la Vella.
- (ca) Amptelike webwerf