Ariarathes II (Grieks: Ἀριαράθης) was van 301 v.C. – 280 v.C. koning van Kappadosië. Hy was die seun van sy voorganger se oudste broer, Holophernes, en het na Armenië gevlug ná die dood van sy oom Ariarathes I. Ná die dood van goewerneur Eumenes het hy Kappadosië in 301 v.C. met die hulp van die Armeense koning herower, maar hy moes die opperheerskappy van die Seleukiede-dinastie aanvaar. Hy is opgevolg deur Ariamnes, die oudste van sy drie seuns.
Verwysings
Hazel, John. Who's Who in the Greek World, "Ariarathes II", 1999
Head, Barclay. Historia Numorum, "Cappadocia", 1911