Asser
Die asser (Arabies: صلاة العصر, ṣalāt al-ʿaṣr, "namiddaggebed"), wat tussen thoer en sonsondergang plaasvind, is die derde van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.[1]
Asser kom in die Koran-hoofstuk "Die Koei" voor (Koran 2:238), waar dit die tussengebed genoem word, en dus beskou Moslems dit as ’n baie belangrike salaah. Die Arabiese naam van die hoofstuk "Die Tyd" is ook Al-‘Asr.
Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word.[1] Die asser het vier verpligte (fard) rak'ats, maar geen aanbevole (soennah) rak'ats word soos gewoonlik voor of ná die tyd gedoen nie.
Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.[2]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 Kaart vir al vyf gebedsbeurte by qul.org
- ↑ Significance of Offering the Isha and Maghrib Prayers and their Benefits, QuranReading-webtuiste, 29 Januarie 2015. Besoek op 14 Mei 2017
Eksterne skakels
- Hoe om die asser te maak, op YouTube
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia