Belfast, Mpumalanga
Belfast Emakhazeni | |
---|---|
Twee monumente ter nagedagtenis van die Slag van Bergendal op die plaas Berg-en-Dal | |
Koördinate: 25°41′S 30°1′O / 25.683°S 30.017°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Nkangala |
Munisipaliteit | Emakhazeni |
Stigting | 1890 |
Oppervlak | |
• Totaal | 35,82 km2 (13,83 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 466 |
• Digtheid | 125/km2 (320/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 52.6% |
• Indiërs/Asiërs | 2.6% |
• Bruin mense | 4.4% |
• Swart mense | 39.9% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 57.1% |
• Zoeloe | 12.3% |
• Swazi | 7.6% |
• Engels | 6.9% |
• Ander | 16.0% |
Poskode (strate) | 1100 |
Poskode (posbusse) | 1100 |
Skakelkode | 013 |
Belfast (nuwe naam: Emakhazeni) is 'n dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika.[2] Die dorp is ook bekend as een van die koudste nedersettings in Suid-Afrika omrede dit op 1 873 m bo seevlak op die Drakensbergse platorand geleë is. Belfast dien sedert 2010 as administratiewe setel vir die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit. Die amptelike dorpsnaam is eweneens gewysig tot eMakhazeni.
Geskiedenis
Die dorp is op 30 Junie 1890 gestig op die plaas Tweefontein – volgens oorlewering deur Richard Charles O'Neill, 'n boorling van Belfast in Noord-Ierland.[3] Sommige bronne verwys na sy plaas wat hy Belfast genoem het en waarop die nedersetting ontstaan het.[4]
Distrik
Die munisipale gebied is 4 736 km2 groot. Bees-, suiwel- en skaapboerdery is van die belangrikste ekonomiese aktiwiteite in die distrik.
Sien ook
Bron
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Belfast". Sensus 2011.
- ↑ "Drakensberg Tourism: Belfast". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2011. Besoek op 12 Junie 2011.
- ↑ South African Tourism Board: South Africa – Eastern Transvaal. Pretoria: Satour 1988, bl. 27
- ↑ "www.mpumalanga.com: City Overview – eMakhazeni. Besoek op 20 April 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2017. Besoek op 20 April 2017.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Belfast, Mpumalanga.