Cuiabá

Cuiabá

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Brasilië Brasilië
 Deelstaat Mato Grosso
 Koördinate 15°36′S 56°06′W / 15.600°S 56.100°W / -15.600; -56.100
 Gestig op 8 April 1719
 Oppervlakte:  
 - Totaal 3 291 vk km
 Hoogte bo seevlak 165 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 618 124
 - Bevolkingsdigtheid 190/vk km
 Tydsone UTC -4 (BRT)
 Burgemeester Emanuel Pinheiro (PMDB)
 Amptelike Webwerf cuiaba.mt.gov.br

Cuiabá (Portugees: [kujaˈba]) is 'n stad in Brasilië en is die hoofstad van die deelstaat Mato Grosso. Die stad lê op die geografiese middelpunt van die Suid-Amerikaanse kontinent en is bekend as die "suidelike toegang na die Amasone". Dit het 'n bevolking van ongeveer 535 000 en 'n oppervlak van 3 538 km². Dit is een van die warmste stede in die land en die temperatuur is reëlmatig bokant 40°C, selfs in die winter. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 1335 mm.

Katedraal in die stad se onderdorp

Die stad is in 1719 gedurende die goudstormloop gestig.[1] In 1818 is dit as die hoofstad van Mato Grosso verklaar. Dit dien ook as handelsentrum vir die omliggende beesboere en landbougebied. Ekonomiese ontwikkeling word deur die stad se isolasie en 'n tekort aan arbeid belemmer. Rivierbote bly steeds 'n belangrike metode van kommunikasie in die stad.

Die Federale Universiteit van Mato Grosso en die deelstaat se grootste sokkerstadion, Arena Pantanal is hier geleë.[2] Cuiabá se Arena Pantanal is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 vir wedstryde ingespan.

Susterstede

  • Vlag van Chili Arica (Chili)
  • Vlag van Japan Hamamatsu (Japan)
  • Vlag van Chili Iquique (Chili)
  • Vlag van Rusland Kizil (Rusland)
  • Vlag van Volksrepubliek China Lishui (Volksrepubliek China)
  • Vlag van Paraguay Pedro Juan Caballero (Paraguay)
  • Vlag van Italië Turyn (Italië)
  • Vlag van Tsjeggië Zlín (Tsjeggië)

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels


Vlag van Brasilië Hoofstede van Brasilië Wapen van Brasilië
HoofstedeAracajuBelémBelo Horizonte • Boa Vista • Brasília • Campo Grande • CuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiânia • João Pessoa • Macapá • MaceióManausNatal • Palmas • Porto Alegre • Porto Velho • Recife • Rio Branco • Rio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão Luís • Teresina • Vitória