Double Asteroid Redirection Test
Double Asteroid Redirection Test | |
---|---|
'n Diagram van die DART-ruimtetuig wat Dimorfos tref.
| |
Afkorting | DART |
Soort sending | Planetêre verdedigingtoetssending |
Operateur | Nasa, APL |
Webtuiste | |
Duur | 24 November 2021 | tot 26 September 2022
Ruimtetuig |
|
Vervaardiger | Applied Physics Laboratory van die Johns Hopkins-universiteit |
Krag | 6,6 kW |
Lanseringsvuurpyl | Falcon 9 Block 5 |
Lanseringskontrakteur | SpaceX |
Teiken | Dimorfos |
Die Double Asteroid Redirection Test (DART) was 'n ruimtesending van Nasa wat 'n metode getoets het om die Aarde teen nabyaardevoorwerpe (NAV's) te beskerm.[1] Die gekose teikenasteroïed was Dimorfos, 'n maan van die asteroïed Didumos.
Nie een van die astroïede hou 'n gevaar vir die Aarde in nie, maar hulle gesamentlike eienskappe het hulle die ideale toetsteiken gemaak. Die DART-ruimtetuig is op 24 November 2021 gelanseer en het op 26 September 2022 suksesvol met Dimorfos gebots, sowat 11 miljoen km van die Aarde af. Die botsing het Dimorfos se wentelperiode met 32 minute verkort, veel meer as die beplande minimum van 73 sekondes.[2] DART se sukses in die afkering van Dimorfos was te danke aan die momentumoordrag van die terugslag van die puin wat uitgeskiet is, wat aansienlik groter was as wat deur die impak self veroorsaak is.[3]
DART was 'n gesamentlik projek van Nasa en die Johns Hopkins-universiteit se Applied Physics Laboratory. Die Italiaanse Ruimteagentskap se bydrae was LICIACube, 'n CubeSat wat die botsing afgeneem het. Ander internasionale vennote, soos die Europese Ruimteagentskap (ESA) en die Japannese agentskap JAXA, dra by tot verwante of toekomstige projekte.[4]
Beskrywing
Ruimtetuig
Die DART-ruimtetuig was 'n impaktor met 'n massa van 610 kg[5] wat geen wetenskaplike vrag vervoer het nie en sensors gehad het net om te vlieg. Dit het $330 miljoen gekos teen die tyd dat dit in 2022 teen Dimorfos gebots het.[6]
Sekondêre ruimtetuig
Die Italiaanse Ruimteagentskap het 'n sekondêre ruimtetuig met die naam LICIACube ("Light Italian CubeSat for Imaging of Asteroids") tot die sending bygedra. Dit was 'n klein CubeSat wat deur DART "geabba" is en op 11 September 2022 (15 dae voor die botsing) weggebreek het. Dit moes foto's van die botsing en uitgeworpe materiaal neem terwyl dit verby die asteroïed dryf.[7] LICIACube het direk met die Aarde gekommunikeer en foto's teruggestuur.[8]
Uitwerking op asteroïede
Die ruimtetuig het Dimorfos reg van voor getref in die rigting warin dit beweeg het. Dimorfos se onmiddellike wentelspoed het dus vanweë die impak effens afgeneem, wat die radius van sy wentelbaan om Didumos laat afneem het. Didumos se baan is ook verander, maar nie veel nie. Die werklike verandering in die snelheid en wentelbaan het onder andere afgehang van die topografie en samestelling van die oppervlak.[9] Die verkryging van inligting oor die verandering in momentum was een van die hoofdoelwitte van die sending en sal modelle van toekomstige botsings teen asteroïede verfyn.[10]
Die botsing het gelei tot die vorming van 'n impakkrater op Dimorfos en het die vorm van die maan verander, sonder dat veel massa verlore gegaan het. Van die uitgeworpe materiaal kan eindelik Didumos se oppervlak tref. Die vervorming van een van die liggame sou hulle gesamentlike swaartekragveld verander het, en dit sou gelei het tot 'n verandering in die wentelperiode, bykomend tot die verandering wat deur die impak teweeggebring is.[11]
Waarneming van die botsing
DART se metgeseltuig, LICIACube,[12][8] die Hubble-ruimteteleskoop, James Webb-ruimteteleskoop en die aardgebaseerde asteroïedwaarskuwingstelsel ATLAS het almal die materiaal gesien wat deur die impak weggeskiet is.[13][14] Op 26 September het die Suidelike Astrofisiese Navorsingsteleskoop SOAR waargeneem dat die sigbare spoor van die botsing langer as 10 000 km was.[15]
Die botsing is beplan vir 'n oomblik toe die afstand tussen Didumos en die Aarde baie klein was sodat baie teleskope op verskillende plekke dit kon waarneem. Die verandering in Dimorfos se wentelbaan is deur teleskope waargeneem, asook die feit dat die maan se wentelbaan met 32 minute verkort is.[16]
Opvolgsending
In 'n samewerkende projek het die Europese Ruimteagentskap die Hera-ruimtetuig ontwerp wat in Oktober 2024 na Didumos gelanseer is.[7][17] Hera vervoer twee CubeSats, Milani en Juventas.[18]
Verwysings
- ↑ Chang, Kenneth (27 September 2022). "What NASA's Crash into an Asteroid Looks Like – Astronomers on Earth – and a shoebox-size Italian spacecraft called LICIACube – captured the DART mission's successful strike on Dimorphos". The New York Times. Besoek op 28 September 2022.
- ↑ Chang, Kenneth (26 September 2022). "NASA Smashes into an Asteroid, Completing a Mission to Save a Future Day". The New York Times. Besoek op 27 September 2022.
- ↑ Cheng AF, Agrusa HF, Barbee BW, et al. (1 Maart 2023). "Momentum transfer from the DART mission kinetic impact on asteroid Dimorphos". Nature. 616 (7957): 457–460. arXiv:2303.03464. Bibcode:2023Natur.616..457C. doi:10.1038/s41586-023-05878-z. PMC 10115652. PMID 36858075. S2CID 257282972.
- ↑ Keeter, Bill (7 September 2022). "DART Sets Sights on Asteroid Target". NASA. Besoek op 10 September 2022.; "SpaceX ready for first launch with NASA interplanetary mission". Spaceflight Now. 22 November 2021. Besoek op 24 November 2021.
- ↑ "Double Asteroid Redirection Test (DART)". NASA. 28 Oktober 2021. Besoek op 5 November 2021.
- ↑ Witze, Alexandra (1 Maart 2023). "Asteroid lost 1 million kilograms as a result of the collision with DART spacecraft". Nature (in Engels). 615 (7951): 195. Bibcode:2023Natur.615..195W. doi:10.1038/d41586-023-00601-4. PMID 36859675. S2CID 257282080. Besoek op 9 Maart 2023.
- ↑ 7,0 7,1 Asteroids have been hitting the Earth for billions of years. In 2022, we hit back. Geargiveer 31 Oktober 2018 op Wayback Machine Andy Rivkin, The Johns Hopkins University Applied Physics Laboratory, 27 September 2018
- ↑ 8,0 8,1 George Dvorsky (27 September 2022). "First Asteroid Impact Images from DART's Companion Show Tentacle-Like Debris Plume". Gizmodo.
- ↑ (in en) WATCH: NASA Asteroid Redirection Test Media Briefing – Livestream, 4 November 2021, https://www.youtube.com/watch?v=EMwB0QERjEw, besoek op 20 May 2022
- ↑ Rivkin, Andrew S.; Chabot, Nancy L.; Stickle, Angela M.; Thomas, Cristina A.; Richardson, Derek C.; Barnouin, Olivier; Fahnestock, Eugene G.; Ernst, Carolyn M.; Cheng, Andrew F.; Chesley, Steven; Naidu, Shantanu (25 Augustus 2021). "The Double Asteroid Redirection Test (DART): Planetary Defense Investigations and Requirements". The Planetary Science Journal. 2 (5): 173. Bibcode:2021PSJ.....2..173R. doi:10.3847/PSJ/ac063e. ISSN 2632-3338. S2CID 237301576.
- ↑ Nakano, Ryota; Hirabayashi, Masatoshi; Agrusa, Harrison F.; Ferrari, Fabio; Meyer, Alex J.; Michel, Patrick; Raducan, Sabina D.; Sánchez, Paul; Zhang, Yun (5 Julie 2022). "NASA's Double Asteroid Redirection Test (DART): Mutual Orbital Period Change Due to Reshaping in the Near-Earth Binary Asteroid System (65803) Didymos". The Planetary Science Journal (in Engels). 3 (7): 148. Bibcode:2022PSJ.....3..148N. doi:10.3847/PSJ/ac7566. hdl:11311/1223308. ISSN 2632-3338. S2CID 250327233.
- ↑ LICIACube Twitter feed
- ↑ ATLAS twitter feed
- ↑ George Dvorsky (27 September 2022). "Ground Telescopes Capture Jaw-Dropping Views of DART Asteroid Impact". Gizmodo.
- ↑ Strickland, Ashley (4 Oktober 2022). "Comet-like debris trail spotted after spacecraft crashes into asteroid". CNN (in Engels). Besoek op 6 Oktober 2022.
- ↑ Nelson, Bill; Saccoccia, Giorgio (11 Oktober 2022). "Update on DART Mission to Asteroid Dimorphos (NASA News Conference)". YouTube (in Engels). Besoek op 11 Oktober 2022.
- ↑ Hera mission is approved as ESA receives biggest ever budget Kerry Hebden Room Space Journal 29 November 2019
- ↑ Bergin, Chris (7 Januarie 2019). "Hera adds objectives to planetary defense test mission". NASASpaceflight.com. Besoek op 11 Januarie 2019.
Skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Double Asteroid Redirection Test.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.