Gondi
Gondi गोंडी (खौइ़तौल़ु) | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 2,98 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Drawidies Suid-Sentraal Gondi-Kui Gondi | |
Skrifstelsel: | Gunjala Gondi Lipi, Gondi-alfabet, Devanagari-alfabet, Telugu-alfabet | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | gon
| |
ISO 639-3: | onderskeidelik:gno – Noord-Gondiesg – Aheri Gondiwsg – Adilabad Gondi
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Gondi (गोंडी, Gōndi) of Koytor (खौइ़तौल़ु) is 'n suid-sentrale Drawidiese taal wat deur sowat 2,98 miljoen Gondi's gebesig word,[2] veral in die Indiese deelstate Madhya Pradesh, Gujarat, Telangana, Maharashtra, Chhattisgarh, Karnataka, Andhra Pradesh en in aangrensende gebiede van ander deelstate. Alhoewel dit die moedertaal van die Gondi's is, besig net een vyfde van die Gondi's hierdie taal, waardeur dit van uitsterwing bedreig word. Gondi beskik oor 'n ryk letterkunde, waarvan byvoorbeeld huweliksliedjies en vertellings.
Verwysings
- ↑ (en) "Scheduled Languages in descending order of speaker's strength – 2011" (PDF). Registrateur-generaal en sensuskommissaris van Indië. 29 Junie 2018. Besoek op 7 Julie 2018.
- ↑ (en) Beine, David K. 1994. A Sociolinguistic Survey of the Gondi-speaking Communities of Central India. M.A. thesis. San Diego State University. afdeling 1
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gondi.