Gorki Leninskije
Gorki Leninskije Го́рки Ле́нинские | |
---|---|
Nedersetting met stedelike karakter | |
Die Russies-Ortodokse Kerk van Gorki Leninskije | |
Die ligging van Moskou-oblast in Rusland | |
Koördinate: 55°30′16″N 37°45′54″O / 55.50444°N 37.76500°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Moskou-oblast |
Rajon | Leninski |
Oppervlak | |
• Totaal | 38,38 km2 (14,82 vk. myl) |
Hoogte | 0,06 m (,2,1 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 354 |
• Digtheid | 113,4/km2 (294/vk. myl) |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK (Moskouse tyd)) |
Poskode | 142712 |
Webwerf | gorkilenin.ru |
Gorki Leninskije (Russies: Го́рки Ле́нинские) is 'n nedersetting met stedelike karakter (Посёлок городско́го ти́па, kortweg ПГТ) volgens die Russiese klassifikasiestelsel wat sowat 10 km suid van Moskou se stadsgrens in die Moskou-oblast se Leninski-rajon geleë is. Die bevolking is in 2020 op 4 354 beraam.
Die nedersetting het bekendheid verwerf as die sterfplek van Sowjet-leier Wladimir Lenin wat hier op 21 Januarie 1924 in die Gorki-landgoed se herehuis, wat sedert 1918 as sy datsja gedien het, oorlede is.
In die laaste tien maande van sy lewe het hier 'n menslike drama ontvou. Die beeld van 'n verswakte en siek Lenin, wat op 'n rolstoel aangewese was en nog nouliks kon praat, kon nie meer aan die Sowjet-Russiese publiek getoon word nie. Leuens is versprei oor sy gesondheidstoestand. Hy was feitlik 'n prisonier van Josef Stalin en ander Sowjetleiers wat geen gehoor aan sy wense gegee het nie - nie eens toe hy Stalin gevra het om aan hom gif te gee sodat hy 'n einde sou kon maak aan sy lyde nie.
In 1949 is die herehuis tot 'n museum omgeskep wat - saam met 'n nuwe museumsgebou wat aan sy lewe gewy en in 1987 geopen is - steeds as een van die belangrikste besienswaardighede in die onmiddellike omgewing van Moskou beskryf word.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gorki Leninskije.