Goud (kleur)
#FFD700 |
Goudkleurig is een van 'n verskeidenheid van geel-bruin kleurversnitte wat gebruik word om die kleur van die element goud na te boots. Die kleurterm goud word ook tradisioneel gebruik vir die kleur "metaalgoud".
Die eerste opgetekende gebruik van goud as 'n kleurnaam in Engels was in 1300, wat verwys het na die metaal goud, en in 1423 verwys dit ook na blonde hare.
Metaalgoud, soos in verf, word dikwels "gold tone" in Engels genoem. In die heraldiek, word die Franse woord "or" gebruik. In modelbouwerk, verskil die kleur goud van koperkleur. 'n Blink (silwer) of metaalvoorwerp kan met deursigtige geel geverf word om 'n goue glans te verkry, iets wat dikwels met kersversierings gedoen word.
Kleurkoördinate
Volgens verskeie kleurskemas word goud soos volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #FFD700 |
RGB-kleurmodel | (255, 215, 0) |
CMYK | (0, 16, 100, 0) |
HSV | (51°, 100%, 100%) |
Sien ook