Harold Haasvoet
Harold Haasvoet | |
---|---|
Koning van Engeland | |
Huis | Jelling |
Regeer | 12 November 1035 – 17 Maart 1040 |
Voorganger | Knoet die Grote |
Opvolger | Hartaknoet |
Kinders | Elfwine |
Gebore | c. 1015 |
Oorlede | 17 Maart 1040 |
Vader | Knoet die Grote |
Moeder | Elgifa van Northampton |
Harold Haasvoet (Engels: Harold Harefoot) was van 12 November 1035 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die seun van koning Knoet die Grote en Elgifa van Northampton. Sy bynaam "Haasvoet" het hy gekry omdat hy so vlugvoetig was op jagtogte.
Opvolgingskrisis
Met Knoet se dood was Harold se jonger broer, Hartaknoet – Knoet se seun by Emma van Normandië – die amptelike erfgenaam en opvolger van die Deense en die Engelse troon. Hy kon egter nie na Engeland reis vir sy kroning nie omdat Noorweë en Swede Denemarke wou binneval.
Harold is intussen ondanks teenkanting as regent aangestel.
Bewind
In 1036 het Harold ’n poging afgeweer om hom te onttroon. Dit is gelei deur Ethelred II en Emma van Normandië se twee seuns, Alfred Adeling en Eduard die Belyer. In die volgende jaar het Emma uit die land gevlug en Harold is "oral as koning gekies".[1] Daar is min oor hom bekend en die historikus Frank Stenton beweer dis moontlik dat sy ma, Elgifa, "die ware heerser van Engeland" was tydens sy bewind.[2]
Hartaknoet het beplan om Engeland binne te val, maar voor hy tot aksie kon oorgaan, is Harold dood. Nadat Hartaknoet koning geword het, is Harold se lyk opgegrawe, onthoof en in ’n moeras gegooi.
Harold het blykbaar ’n seun, Elfwine, gehad wat ’n monnik geword het.[3] Elgifa van Northampton het ná 1040 skynbaar spoorloos verdwyn.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel nl:Harold Harefoot
- ↑ The Anglo-Saxon Chronicle, 1035–40, M. Swanton-vertaling (1996).
- ↑ Frank Stenton, Anglo-Saxon England, Oxford University Press (1998-slapband), p.421; aangehaal uit Anglo-Saxon Chronicle.
- ↑ Tim Bolton, "Reign of King Harold Harefoot", The Literary Encyclopedia, 5 Mei 2006.