Kroonarend
Kroonarend | |
---|---|
By die Ndumo-natuurreservaat, KwaZulu-Natal in Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Accipitriformes |
Familie: | Accipitridae |
Genus: | Stephanoaetus |
Spesie: | S. coronatus
|
Binomiale naam | |
Stephanoaetus coronatus (Linnaeus, 1766)
| |
Verspreiding van die kroonarend. | |
Sinonieme | |
Falco coronatus Linnaeus, 1766 |
Die kroonarend (Stephanoaetus coronatus), is 'n groot, kragtige roofvoël (80–90 cm) van die Stephanoaetus genus. Die kroonarend is 'n bewoner van tropiese Afrika, suid van die Sahara en word in Suid-Afrika in die oostelike landstreke aangetref.
Hulle woon hoofsaaklik in digte woude en hul stapelvoedsel is ape (veral die van die Cholorcebus-genus) en ander medium-grootte soogdiere, soos dassies en klein bokkies. Alhoewel 98% van hul dieet uit soogdiere bestaan, sal kroonarende ook nou en dan voëls en akkedisse eet.
Die kroonarend gebruik sy pote om sy prooi dood te druk. Dit word as die sterkste voël in Suidelike Afrika beskou. Hulle leef in familiegroepe wat uit 'n vader, moeder en enkele jonger voëls bestaan.
Ander name
- Engels: African Crowned Eagle
- Wetenskaplike naam: Stephanoaetus coronatus
Sien ook
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
- ↑ BirdLife International (2018). "Stephanoaetus coronatus". IUCN Red List of Threatened Species. 2018: e.T22696201A129914678. doi:10.2305/IUCN.UK.2018-2.RLTS.T22696201A129914678.en. Besoek op 13 November 2021.
Bronnelys
- The 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Bevat inligting omtrent die bedreigingstatus van die Kroonarend [1] Geargiveer 29 Januarie 2008 op Wayback Machine.
- Gibbon, Guy; Maclean, Gordon & van der Merve, Steven (1997): Roberts' Multimedia Birds of Southern Africa 2.1 (CD-ROM). Southern African Birding cc.