Makashule Gana
Stanford Makashule Gana (gebore 11 Augustus 1983 in Tzaneen) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en die hooforganiseerder van RISE Mzansi. Hy het voorheen as 'n lid van die Gauteng Provinsiale Wetgewer vir die opposisie Demokratiese Alliansie gedien. Tussen 2014 en 2016 was hy lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika, waar hy die Skaduminister van Menslike Nedersettings was. Gana het ook tot 2015 as die adjunk-federale voorsitter van die DA gedien.[1] Hy was voorheen leier van die DA-jeug en DA-raadslid in die Stad Johannesburg.[1] Hy besit 'n BSc-graad en is tans geregistreer vir 'n Nagraadse Diploma in Bestuur aan die Wits Besigheidskool.[2]
In Oktober 2019 het Gana sy kandidatuur verklaar om Mmusi Maimane as leier van die DA op te volg.[3] Hy het teen John Steenhuisen te staan gekom vir die pos.[4] Die verkiesing is op 17 November 2019 gehou,[5] maar Gana het verloor teen Steenhuisen.[6]
Hy het op 4 Augustus 2022 uit die DA bedank en ook as lid van die Gautengse Wetgewer.[7]
In April 2023 is Gana aangestel as nasionale organiseerder van die sosiaal-demokratiese politieke party RISE Mzansi, onder leiding van Songezo Zibi.[8]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 "Our people - DA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2014. Besoek op 19 Mei 2014.
- ↑ "Federal Congress: DA Youth elects new leadership".
- ↑ Deklerk, Aphiwe (31 Oktober 2019). "Makashule Gana to challenge John Steenhuisen for Mmusi Maimane's job". TimesLIVE. Besoek op 1 November 2019.
- ↑ Kahla, Cheryl (31 Oktober 2019). "Makashule Gana: Meet the man challenging John Steenhuisen for DA leadership". The South African. Besoek op 1 November 2019.
- ↑ Gerber, Jan (25 Oktober 2019). "DA to elect interim leader and chair on November 17". News24. Besoek op 1 November 2019.
- ↑ "JUST IN : DA chooses Steenhuisen, Meyer as interim federal leader and chair". News24. 17 November 2019. Besoek op 17 November 2019.
- ↑ Simelane, Bheki C. (4 Augustus 2022). "PARTY POLITICS: Makashule Gana quits DA – 'something new is required to rise collectively'". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 5 Augustus 2022.
- ↑ "'Return democracy to the people': Rise Mzansi leaders say SA ripe for change". News24 (in Engels). Besoek op 31 Augustus 2023.