Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit
| |||
Provinsie | Gauteng | ||
Tipe | Metropolitaanse Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | JHB | ||
Plaaslike munisipaliteite | Geen | ||
Hoofstad | Johannesburg | ||
Burgemeester | Dada Morero (ANC) (ingehuldig op 16 Augustus 2024) | ||
Grootste tale | Zoeloe, Engels, Suid-Sotho, Tswana | ||
Oppervlakte | 1 645 km² | ||
Bevolking | 4 434 827 (2011) |
Die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is 'n een van die agt metropolitaanse munisipaliteite in Suid-Afrika.
Streke
Die administrasie van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit is aanvanklik in elf streke gedesentraliseer, bloot Streek 1 tot Streek 11 genoem, wat grootliks nie met die 11 voormalige apartheidsadministrasies verband hou nie. Die nuwe genommerde streke is daarna, in die somer van 2006, gekonsolideer na sewe streke genaamd Streek A tot Streek G. Die huidige streke is:[1][2]
- Streek A - Diepsloot, Midrand en Ivory Park (voorheen Streke 1 en 2)
- Streek B - Northcliff en dele van Sandton en Rosebank (voorheen Streek 4 en dele van Streek 3)
- Streek C - Roodepoort (voorheen, Streek 5)
- Streek D - Soweto, Doornkop, Diepkloof en Meadowlands (voorheen Streke 6 en 10)
- Streek E - Alexandra en dele van Sandton en Rosebank (voorheen Streek 7 en dele van Streek 3)
- Streek F - Middestad en Johannesburg-Suid (voorheen Streke 8 en 9)
- Streek G - Ennerdale, Oranjeplaas, Lenasia, Eldoradopark en Protea. (voorheen Streek 11)
Elke streek is operasioneel verantwoordelik vir die lewering van gesondheidsorg, behuising, sport en ontspanning, biblioteke, maatskaplike ontwikkeling, en ander plaaslike gemeenskapsgebaseerde dienste, en elke streek het 'n "People's Centre" waar enige stadsverwante transaksie hanteer kan word. Inwoners kan vinniger klagtes indien, diensprobleme rapporteer en raadsverwante sake doen.
Munisipale rekeningskuld
Volgens 'n verslag oor plaaslike regerings se inkomste en uitgawes wat in 2017 deur die nasionale tesourie gepubliseer is, is die Stad Johannesburg soos op die einde van die finansiële jaar van 2016/2017 R17,7 miljard in uitstaande munisipale rekeninge geskuld. Sowat R1 miljoen van hierdie bedrag word deur stadsraadslede geskuld.[3]
Burgemeesters kom en gaan
Nadat dr. Mpho Phalatse vir 'n tweede keer op 26 Januarie 2023 in ’n mosie van wantroue as burgemeester uitgestem is, het dit aan die lig gekom dat Tapelo Amad ('n verteenwoordiger van die minderheidsparty Al Jama-ah) haar sal opgevolg, aangesien hy deur die ANC, die grootste party in die raad en sy koalisievennote ondersteun is. Die ANC het in 'n verklaring gesê Amad sal as 'n tussentydse burgemeester dien totdat die party 'n koalisie-ooreenkoms met die Economic Freedom Fighters, die koningmakers in die raad, gefinaliseer het.[4]
Tydens 'n raadsvergadering die volgende dag is Amad, Phalatse en ActionSA se Funzi Ngobeni as burgemeesterskandidate benoem. Amad is met 138 stemme verkies, vergeleke met Phalatse se 81 stemme en Ngobeni se 46 stemme.[5] [6] Amad se dienstermyn was egter van korte duur. Hy bedank in April 2023 en Kabelo Gwamanda, ook van Al-Jama-ah, is verkies as sy opvolger.[7]
Op 13 Augustus 2024, nadat hy onder druk gekom het van Al Jama-ah se koalisievennoot, die ANC, [8] het Gwamanda sy bedanking as Johannesburgse burgemeester aangekondig, wat in werking getree het op 16 Augustus 2024 met die verkiesing van 'n nuwe burgemeester, Dada Morero van die ANC.[9]
Verwysings
- ↑ Streke op www.joburg.org.za Geargiveer 23 September 2006 op Wayback Machine
- ↑ Fraser, Neil (10 April 2006). "More competition for inner city on the cards". Johannesburg News Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2009.
- ↑ "Minister sued for R537,000 in unpaid water and electricity bills". MyBroadband (in Engels). 21 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2019. Besoek op 22 April 2019.
- ↑ "Al Jamah's Thapelo Amad touted to be Joburg's new mayor". SABC News (in Engels (VSA)). 27 Januarie 2023. Besoek op 27 Januarie 2023.
- ↑ Ramushwana, Alpha. "Al Jama-ah's Thapelo Amad is Johannesburg's new mayor". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 27 Januarie 2023.
- ↑ Ramushwana, Alpha. "Mpho Phalatse ousted as Joburg mayor again". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ Mbolekwa, Sisanda (5 Mei 2023). "Kabelo Gwamanda elected Johannesburg mayor". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 13 Julie 2023.
- ↑ Mkentane, Luyolo (22 Julie 2024). "Joburg mayor Kabelo Gwamanda to resign in August, says ANC". Business Day. Johannesburg. Besoek op 13 Augustus 2024.
- ↑ Westerdale, Jarryd (13 Augustus 2024). "JUST IN: Kabelo Gwamanda resigns as Executive Mayor of Johannesburg". The Citizen. Johannesburg. Besoek op 13 Augustus 2024.