Malacanthidae
Teëlvisse (Malacanthidae) | |
---|---|
Malacanthus latovittatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Malacanthidae
|
Genera | |
Branchiostegus |
Die Teëlvisse (Malacanthidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is twee sub-families in die familie en beide kom in Suider-Afrikaanse water voor: Latilinae en Malacanthinae.
Familie kenmerke
Die familie se lywe is lank en ietwat plat en bedek met klein skubbe. Daar is 'n stekel aan die bokant van die kieudeksel.
Subfamilie: Latilinae
Daar is drie genera met agt en twintig spesies wat hoort tot dié sub-familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
Die lyf is reghoekig en ietwat plat en die sub-familie word tussen 35 – 100 cm groot. Sommige spesies is waardevol as voedsel in part areas. Die sub-familie word gevind op die boonste gedeelte van die kontinentale bank in water wat 50 – 612 m diep is.
Genus
Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Branchiostegus
- Branchiostegus doliatus - Geribde teëlvis
Subfamilie: Malacanthinae
Kenmerke
Die sub-familie se lyf is lank en silindries en ietwat plat by die stert en die grootte wissel van 30 – 45 cm. Hulle leef in vlakker water in sand of rots area naby riwwe.
Genera
Daar is slegs twee genera met twaalf spesies wat hoort tot dié sub-familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
- Malacanthus
- Malacanthus brevirostris - Streepstert-teëlvis
- Malacanthus latovittatus - Sand-teëlvis
- Hoplolatilus
Sien ook
- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7