Max Verstappen
Max Verstappen | |
---|---|
Verstappen tydens die 2024 Nederlandse Grand Prix
| |
Geboortedatum | 30 September 1997 |
Geboorteplek | Hasselt, België |
Volle naam | Max Emilian Verstappen |
Nasionaliteit | Nederlander |
Ou span(ne) | Toro Rosso (2015–2016) |
Span in 2024 | Red Bull Racing-Honda RBPT |
Span in 2025 | Red Bull Racing-Honda RBPT |
Motornommer | 1 |
Inskrywings | 209 (209 begin) |
Kampioenskappe | 4 (2021–2024) |
Oorwinnings | 63 |
Podiums | 112 |
Loopbaanpunte | 3023.5 |
Voorste wegspronge | 40 |
Vinnigste rondtes | 33 |
Eerste F1-wedren | 2015 Australiese Grand Prix |
Eerste wen | 2016 Spaanse Grand Prix |
Laaste wen | 2024 Katarse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2024 |
Verlede jaar plek | 1ste (437 punte) |
Handtekening |
Max Verstappen (gebore 30 September 1997) is 'n Belgies-Nederlandse professionele motorrenjaer[1][2] wat vir die Red Bull-span in Formule Een Grands Prix jaag. Hy is die seun van oud-Formule 1-renjaer Jos Verstappen.
In 2021 is hy as wêreldkampioen gekroon nadat hy 10 wedrenne, twee meer as die heersende kampioen, Lewis Hamilton, gewen het. Hy het in 2022 en ook in 2023 skoonskip gemaak en is saam met sy span, Red Bull Racing, weer as kampioene gekroon. In 2024 is hy vir die vierde jaar as kampioen gekroon, maar Red Bull het hierdie jaar hul voorste plek aan McLaren afgestaan.
Biografie
Max Verstappen is op 30 September 1997 in Hasselt, België, gebore.[3] Sy familie het lank 'n skakel met motorsport gehad: sy vader, Jos Verstappen, is 'n Nederlandse voormalige Formule 1-jaer, sy Belgiese moeder, Sophie Kumpen, was aktief en suksesvol in karting en as renjaer en sy kleinneef, Anthony Kumpen, is 'n Belgiese beroepsrenjaer. Verstappen woon sedert Oktober 2015 in Monaco maar sê dat dit nie om belastingredes is nie.[4]
Alhoewel Verstappen 'n Belgiese moeder het, hy gebore is en in België woonagtig was,[2] besluit hy om met 'n Nederlandse renlisensie mee te ding omdat hy "meer Hollands voel", meer tyd saam met sy pa deurgebring het as by sy moeder vanweë sy knortjor-aktiwiteite en was hy altyd omring deur Nederlanders toe hy in Maaseik, 'n Belgiese stad aan die Nederlandse grens, grootgeword het.[5] Verstappen het in 2015 gesê: "Ek het eintlik net in België gewoon om te slaap, maar bedags het ek na Nederland gegaan waar my vriende ook was. Ek is grootgemaak as 'n Nederlander en so voel ek ook".[2]
Loopbaan
Verstappen het op vierjarige ouderdom met karting begin. Vanaf die ouderdom van sewe jaar mag hy aan kartingkompetisies deelneem. Op 15 Maart 2015 maak hy sy Formule 1-buiging in die Australiese Grand Prix vir Toro Rosso. Op die ouderdom van 17 jaar en 166 dae word hy die jongste debutant van alle tye in Formule 1. Hy het meer as 'n halwe seisoen aan Formule 1 deelgeneem voordat hy op sy 18de verjaardag sy rybewys verwerf het.[6]
Een seisoen later behaal hy sy eerste podiumplek in 'n Grand Prix op 15 Mei 2016 in diens van Red Bull Racing en wen die Spaanse Grand Prix. Hiermee word hy op die ouderdom van 18 jaar en 228 dae die jongste leier in 'n Grand Prix, die jongste bestuurder op die podium en die jongste wenner ooit van 'n Grand Prix.
Hy was ook die eerste Nederlandse wenner in Formule 1 en later die eerste Nederlander wat 'n voorste wegspringplek behaal het. Verstappen is die suksesvolste Nederlandse Formule 1-jaer ooit, nadat hy in 2021 as wêreldkampioen gekroon is.
Vanweë die sukses van Max Verstappen in Formule 1, het die openbare belangstelling in die sport in Nederland geweldig toegeneem. Dit het ook verseker dat Formule 1 sou terugkeer na die Zandvoort-renbaan tydens die 2021 Nederlandse Grand Prix.
Formule Een-uitslae
|
|
- † Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
- ‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
Verwysings
- ↑ "Jos Verstappen over de nationaliteit van Max". f1today.net. 10 April 2015. Besoek op 15 Desember 2020.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 GPfans.com. "Dit is waarom Max Verstappen niet onder de Belgische vlag rijdt" (in Nederlands). Besoek op 2 November 2020.
- ↑ "Drivers / Max Verstappen" (in Engels). ESPN F1. Besoek op 2 November 2020.
- ↑ "Latest Formula 1 Breaking News - Grandprix.com". www.grandprix.com. Besoek op 2 November 2020.
- ↑ Cornelissen, Marc (17 Augustus 2014). "Geen rijbewijs, wel in de F1" (in Nederlands). Het Nieuwsblad. Besoek op 2 November 2020.
- ↑ "Road legal at last! Verstappen passes driving test on 18th birthday". Formula 1® - The Official F1® Website (in Engels). Besoek op 2 November 2020.